Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Dié lugdienste vlieg nog op vlak 4

Sowel Comair as Lift het verlede week te midde van die derde vlaag Covid-19-infeksies en vlak 4 van die staat van inperking alle plaaslike vlugte gestaak.

FlySafair is een van die lugdienste wat ten spyte van die staat van inperking en derde vlaag van infeksies nog bedrywig is Foto: Verskaf

Comair, wat plaaslik British Airways bedryf en Kulula.com besit, het na die veiligheid van sy werknemers en passasiers verwys as die redes vir sy besluit om sy bedrywighede tot 29 Julie te staak.

Lift, Suid-Afrika se jongste laekostelugdiens, het ook aangekondig dat alle vlugte sedert Maandag tot 31 Julie gestaak is.

“Mense verkies om vir eers by die huis te bly. Dis te verstane,” sê Jonathan Ayache, uitvoerende hoof van Lift, aan ch-aviation. “Ons bemanning is ook beter daaraan toe om tuis te bly totdat hierdie vlaag afneem en kritieke vordering met die inentings gemaak word.

“Ons is baie gelukkig dat die buigsame, vraaggedrewe sakemodel van Lift ons in staat stel om op en af te skaal soos dinge verander. En dinge het beslis verander!”

Netwerk24 het egter bevestig dat die volgende lugdienste ten spyte van die inperking met hul landwye vlugte voortgaan:

  • Airlink
  • FlySafair
  • Mango

Airlink sê aan Netwerk24 hy het besluit om met sy vlugte voort te gaan want “daar is ’n ekonomie om aan die gang te hou”.

Benediction Zubane, woordvoerder van Mango, sê al Mango se bedrywighede gaan tans nog soos normaal voort.

FlySafair sê op sy webwerf die tye van sekere vlugte is weens die aandklokreël verander. Verder gaan die vlugte soos normaalweg voort.

Op dié skakel gee hy selfs diegene wat na en van Gauteng moet reis ’n manier om self ’n reispermit te genereer.

Die Flight Centre-reisagentskap bevestig dat internasionale vlugte nog voortgaan – selfs deur Gauteng ’n reisverbod tans geld.

“Ons het baie navrae oor vervoer deur Gauteng, ook van studente wat na hul woonplekke of kampusse moet terugkeer en oor internasionale reise vanaf die provinsie ontvang,” sê Andrew Stark, besturende direkteur van Flight Centre. “Volgens die inligting tans en in die Staatskoerant gestipuleer, mag passasiers internasionaal vanaf Gauteng reis of deur Gauteng na hul eindbestemming reis. Natuurlik moet alle maatreëls streng nagekom word. Hoewel reisigers toegelaat word om tydens die aandklokreël van en na die lughawe te reis, kan ons in die komende weke ’n paar veranderinge by die lugdienste verwag.”

Hotelle bly grotendeels oop vir diegene wat tydens vlak 4 van die staat van inperking moet reis.

Dit is noemenswaardig dat die meeste Sun International-hotelle tans gesluit is. City Lodge bly egter oop, selfs vir diegene wat deur Gauteng moet reis en as deel van hul reisplan in die provinsie moet oornag.

Meer oor:  Mango  |  Lift  |  Airlink  |  Flysafair  |  Comair  |  Vlak 4  |  Vlugte  |  Covid-19  |  Reisverbod  |  Derde Vlaag  |  Staat Van Inperking  |  Lugdienste
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.