Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Dié motors kry verlengde waarborg, diensplan

Verskeie motorvervaardigers het aangekondig dat hulle motoriste tegemoet kom om die finansiële impak van die staat van inperking te help versag.

Hyundai, Mahindra en Audi is sover die maatskappye wat die verlenging van diensplanne of waarborge aangekondig het.

Hyundai

Indien jy ’n Hyundai ry wat tydens die staat van inperking gediens moet word, sal jy nou ’n uitstel tot einde Mei kry.

Hyundai, Mahindra en Audi gee verbruikers ’n helpende hand tydens die staat van inperking. Foto: Getty Images

Dit sal ook geensins jou waarborg affekteer nie, want dié het ook ’n uitstel gekry.

Volgens Hyundai sal geen waarborg of diensplan tydens die staat van inperking – wat tot 16 April duur – verval nie. Hyundai-eienaars kan dus ’n sug van verligting slaak oor die impak wat die inperking op hul motors kan hê.

Indien, soos tans bespiegel word, die staat van inperking verleng word, sal Hyundai ook sy uitstel dienooreenkomstig aanpas, waarborg hy.

Die maatskappy gaan wel ook internasionaal dieselfde stappe doen afhangend van hoe ’n spesifieke land se staat van inperking werk.

Hy sê 1,2 miljoen voertuie wêreldwyd is nou in aanmerking vir die verlenging van waarborge en diensplanne.

Mahindra

Mahindra het ook Dinsdag gesê hy gaan motoriste bystaan tydens die staat van inperking.

Enige eienaar van ’n Mahindra-voertuig wat tussen 1 Maart en 30 April hul motor moes inbring vir ’n diens of wie se waarborg of diensplan in die tydperk sou verval, kry nou twee maande uitstel en verlenging van hul diensplanne en waarborge gratis.

Die maatskappy sê sy kliëntediensafdeling bly ook oop sodat motoriste hom kan kontak oor enige griewe of versoeke tydens die staat van inperking.

Audi

Die Duitse motorvervaardiger Audi het ook sy diensplan aangepas om die impak van die staat van inperking op Suid-Afrikaanse motoriste te versag.

Audi se standaard-diensplan, die Audi Freeway Plan, wat met elke nuwe motor verkoop word, sal ook verleng word.

Vir enige klant wie se diensplan tussen 25 Maart en 30 September verval, sal ’n gratis verlenging van een maand toegeken word.

Dienste wat tydens die staat van inperking gedoen moet word, sal ook ’n uitstel van een maand of 1 500 km kry, sonder dat dit die motor se waarborg of diensplanvereistes oortree.

Meer oor:  Audi  |  Mahindra  |  Hyundai  |  Covid-19  |  Koronavirus  |  Motorverkope  |  Motorverkoopsyfers  |  Motors  |  Motorvervaardigers  |  Motorvervaardiging
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.