Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Dié winkels verhoog glo pryse buitensporig
’n Tak van Pick n Pay is een van die winkels wat deur die Mededingingskommissie ondersoek word vir die buitensporige verhoging in pryse. Foto: Getty Images

Altesaam 30 supermarkte en ander handelaars word tans deur die Nasionale Verbruikerskommissie (NVK) en die Mededingingskommissie ondersoek omdat hulle na bewering die prys van noodsaaklike artikels soos handreiniger en toiletpapier buitensporig verhoog het in ’n tyd van nood.

Ebrahim Patel, minister van handel en nywerheid, het 22 produkte of kategorieë van produkte geïdentifiseer waarvan handelaars nie die pryse buitensporig mag verhoog in die tyd wat Suid-Afrika in ’n ramptoestand is nie.

Die Mededingingskommissie het egter reeds talle klagtes van verbruikers ontvang oor die pryse van noodsaaklike artikels wat in die laaste paar dae wel skerp gestyg het, sê Tembinkosi Bonakele, voorsitter.

Die kommissie ondersoek reeds die volgende winkels en groothandelaars hieroor:

  • Silver Oaks SuperSpar – Silverlakes (Gauteng)
  • Spar in Plattekloof – Plattekloof (Wes-Kaap)
  • North Safety – Paarden Eiland (Wes-Kaap)
  • Checkers Hyper – Kempton Park (Gauteng)
  • National Overalls – Villieria, Pretoria (Gauteng)
  • Makro – Springfield, Durban (KwaZulu-Natal)
  • Clicks – Westgate Mall (Gauteng)
  • Free State Apteek – Bloemfontein (Vrystaat)
  • Mopane Apteek – Nelspruit (Mpumalanga)
  • Sea Side Apteek – Table View (Wes-Kaap)
  • Pick n Pay Milnerton – Milnerton (Wes-Kaap)

Daarbenewens ondersoek die NVK ook nog agt ondernemings (vier in Gauteng, een in KwaZulu-Natal, twee in Noordwes en een in Limpopo) vir dieselfde oortreding.

Daar word beweer dat die winkels die pryse van artikels soos handreinigers en gesigmaskers buitensporig verhoog het.

Ondernemings wat deur enige van die kommissies skuldig bevind word, kan met R1 miljoen of tot 10% van hul jaarlikse omset beboet word. Die eienaars of uitvoerende hoofde van ondernemings kan ook tronkstraf opgelê word.

Bonakele doen ’n beroep op verbruikers om winkels te verkla wat tydens die staat van inperking pryse op sekere produkte buitensporig verhoog.

Verbruikers kan 0800 014 880 of 084 743 0000 skakel om dit aan te meld.

Meer oor:  Pick N Pay  |  Checkers  |  Voedselsekerheid  |  Mededingingskommissie  |  Supermarkte  |  Covid-19  |  Kos  |  Koronavirus
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.