Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Diensbillikheid by 72 genoteerdes ondersoek
Die regering se jaarlikse verslag oor diensbillikheid in Suid-Afrika wys hoewel die pas van transformasie in die Suid-Afrikaanse werkplek vorder, wit mans steeds die arbeidsmag oorheers, veral op top- en senior bestuursvlak.

Die departement van arbeid het ’n ondersoek van stapel gestuur na 72 maatskappye wat op die JSE genoteer is om seker te maak hulle voldoen aan die voorwaardes van diensbillikheid.

Die span van die nasionale direkteur-generaal (DG) van die departement van arbeid het in Julie met die oorsig begin en dit sal tot Desember duur.

Dit behels dat ’n maatskappy se planne vir diensbillikheid ondersoek word om te bepaal of dit aan wetgewing voldoen.

Adv. Fikiswa Mncanca, hoofdirekteur van statutêre en aanbevelingsdienste van die departement van arbeid, het die program begin met ’n ondersoek na die JSE self.

Hy het bevind die JSE is “gebrekkig” met die toepassing van diensbillikheid.

Die DG het aanbevelings aan die JSE gemaak en Nicky Newton-King, uitvoerende hoof van die JSE, en haar span het dit onderteken en onderneem om werk te maak van die tekortkomings. Die JSE-maatskappy het 60 dae om daaraan te voldoen.

Mncanca sê as ’n maatskappy nie ’n plan vir diensbillikheid het nie, kan ’n boete van R1,5 miljoen opgelê word. Maatskappye wat nie verslag doen oor hul diensbillikheidsplan nie, kan ook ’n boete van R1,5 miljoen opgelê word.

Die doel van die ondersoek is om diensbillikheid in die arbeidsmark te bevorder, sê die departement.

In Mei het die regering die jaarlikse verslag oor diensbillikheid in Suid-Afrika uitgereik en dit wys dat hoewel die pas van transformasie in die Suid-Afrikaanse werkplek vorder, wit mans steeds die arbeidsmag oorheers, veral op top- en senior bestuursvlak.

Die regering blameer groot maatskappye “wat wetgewing ignoreer” hiervoor.

Mildred Oliphant, minister van arbeid, sê die verslag weerspieël die “pynlik stadige pas van transformasie”.

Volgens Oliphant is daar in groot maatskappye nie ’n aptyt vir transformasie nie en daar is genoteerde maatskappye wat “die wet heeltemal ignoreer”.

21 genoteerde maatskappye is reeds beboet weens nienakoming en verskeie ander moet nog beboet word, het die departement in Mei gesê. Dit was voordat die DG met sy huidige ondersoek begin het.

Meer oor:  Jse  |  Nicky Newton-King
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.