Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
DionWired is piepklein, paai winkelsentrums

Die eiendomsgroep Hyprop het Dinsdag beleggers probeer paai oor wat die uitwerking gaan wees as DionWired se deure sluit.

Makro word nie geraak deur die sluiting van DionWired nie. Massmart besit albei dié winkels, asook Game.

Dit volg nadat die kleinhandelgroep Massmart Maandag aangekondig het hy gaan sy 23 DionWired-winkels sluit.

Sukkelende kleinhandelaars wat hul deure sluit is vir Hyprop se aandeelhouers ter sake omdat hy verskeie bekende winkelsentrums besit.

Hyprop moes verlede jaar deelneem aan die reddingsplan wat saamgestel is vir Edcon. Dié kleinhandelaar is gered van bankrotskap met geld van die Werkloosheidsversekeringsfonds en die verbintenis van eiendomsgroepe om sy huurgeld te verlaag vir ’n bepaalde tydperk, of om ’n belang in die maatskappy te bekom.

Hyprop het in ’n vrywillige aankondiging aan beleggers gesê daar is DionWired-winkels in Canal Walk, Hyde Park Corner en Somerset Mall. Die winkels verteenwoordig egter 0,5% van sy totale verhuurbare kleinhandelspasie in Suid-Afrika en soveel van sy huurinkomste uit kleinhandel.

“Die winkels is tans oop en doen sake soos gewoonlik.”

Volgens Hyprop is daar geen winkels van DionWired in sy ander winkelsentrums buite Suid-Afrika nie.

Sy aandeelprys het Maandag met 1,6% gedaal. Ná die verklaring Dinsdag het die aandeelprys weer met 1,3% gestyg.

Die eiendomsmaatskappy Liberty Two Degrees sê in ’n verklaring sy blootstelling aan Massmart in geheel behels 2% van die kleinhandelspasie wat hy verhuur. Daar is net een DionWired-winkel – dis is in sy Sandton City-winkelsentrum en behels 0,1% van sy kleinhandelspasie.

Liberty Two Degrees sê hy het nie van die ander winkels wat Massmart wil sluit in sy winkelsentrums nie. 

Massmart het Maandag aangekondig bykans 1 500 mense kan hul werk verloor omdat 34 winkels gesluit gaan word.

Buiten die 23 DionWired-winkels is die ander in sy MassCash-afdeling, wat Jumbo, Rhino Cash & Carry en Cambridge Food insluit. 

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.