SPESIALE VAKANSIE-AANBOD: Teken in teen net R49 vir jou eerste maand! Word 'n intekenaar
Maatskappye
Direkteur van Comair bedank skielik
Een van Kulula se vliegtuie. Foto: Kulula.com

Piet Welgemoed, nie-uitvoerende direkteur van Comair, het bedank.

Sy bedanking is onmiddellik van krag, het die maatskappy Dinsdagmiddag op die JSE se nuusdiens, Sens, aangekondig.

Die rede vir sy bedanking is nie bekendgemaak nie.

Comair se aandeelprys het ná die aankondiging van Welgemoed se bedanking met meer as 4% tot R3,64 gedaal.

In ’n verklaring op Sens bedank die maatskappy Welgemoed vir sy “uitnemende diens”.

Piet van Hoven, voorsitter van die direksie, sal voorlopig waarneem in Welgemoed se plek op die maatskappy se ouditkomitee.

Intussen het Hassen Adams, voorsitter van Grand Parade Investments, Dinsdag ook sy voorneme aangekondig om einde Januarie uit te tree.

Adams is ook een van die maatskappy se stigters.

Sy plaasvervanger is nog nie bekendgemaak nie.

Meer oor:  Grand Parade Investments  |  Comair  |  Bedankings  |  Maatskappye  |  Direkteure
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.