Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Dis-Chem aanvaar sy (swaar) straf vir duur maskers
Dis-Chem is swaar gestraf vir die uitbuiting van verbruikers deur kunsmatige prysstygings van noodsaaklike gesigmaskers. Foto: Argief

Die apteekgroep Dis-Chem het besluit om nie teen sy boete van R1,2 miljoen deur die mededingingsowerhede te appelleer soos beplan nie.

Dis-Chem het Vrydag die Mededingingskommissie se appèlhof in kennis gestel dat hy sy appèlaansoek terugtrek.

Dis-Chem is op 7 Julie skuldig bevind dat hy buitensporige pryse vir gesigmaskers gevra het te midde van die Covid-19-pandemie en sonder enige noemenswaardige styging in sy insetkoste bloot sy winsmarge vergroot het.

Die Mededingingstribunaal het die apteekgroep gelooi oor wat hy reken gedrag was wat so “afkeurenswaardig” was dat hy die groot boete wat die Mededingingskommissie in Mei aanbeveel het, gehandhaaf het.

“Ons meen dat die optrede van Dis-Chem nie net kwesbare verbruikers, veral die armes, uitgebuit het nie, maar skandelik was,” het die tribunaal gesê.

Dis-Chem het in Maart die prys van drie soorte gesigmaskers met tussen 47% en 261% opgestoot.

Die ganse bedrag het gegaan daaroor om sy winsmarge te vergroot, het die Mededingingskommissie in sy ondersoek bevind.

Die kleinhandelaar het onder meer die prys van ’n pak van 50 blou gesigmaskers voor belasting op toegevoegde waarde van R43,47 tot R156,95 opgestoot.

’n Pakkie van vyf maskers se prys het met 43% van R13,27 tot R19,03 gestyg.

Volgens die tribunaal maak dit nie saak dat van die prysstygings tegnies voor die aanvang van die staat van inperking gebeur het nie.

Hy verduidelik dat die vraag na gesigmaskers al sedert Januarie verhoog het in afwagting op die onvermydelike verspreiding van Covid-19.

“Ek is bly dat Dis-Chem die besluit (om nie te appelleer nie) geneem het,” sê Tembinkosi Bonakele, kommissaris van die Mededingingskommissie, Vrydag in ’n verklaring.

“Die prysstygings, wat tydens die nasionale ramptoestand plaasgevind het, was betreurenswaardig. Ons glo dat die tribunaal die regte besluit geneem het deur die gedrag te veroordeel.

“Ons het volgehou dat prysuitbuiting in ’n pandemie verbruikers, veral arm verbruikers, van toegang tot noodsaaklike goedere ontneem wat nodig is om ’n verdere eskalasie van die pandemie te voorkom.”

Meer oor:  Dis-Chem  |  Maskers  |  Mededingingskommissie  |  Mededinging  |  Gesigmaskers
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.