Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Dis-Chem in pekel oor 261% duurder maskers
Dis-Chem het na bewering die prys van gesigmaskers met tot 261% opgestoot. Foto: Argief

Die Mededingingskommissie is woedend oor wat hy reken die uitbuiting van verbruikers is – en dit nogal deur die bekende apteekkettinggroep Dis-Chem.

Dis-Chem het gesigmaskers se pryse met tot 261% gedurende die staat van inperking verhoog, het die kommissie Donderdag in ’n verklaring bekend gemaak.

“Mense wat hierdie noodsaaklike produkte verkoop, moet besef dat dit letterlik produkte is wat lewens red,” sê Thembinkosi Bonakele, kommissaris van die kommissie.

“Hulle moenie uitbuitend wees en voordeel trek uit platsak verbruikers gedurende die moeilikste tyd in ons geskiedenis nie.”

Die saak is nou na die Mededingingstribunaal vir vervolging verwys.

Dis-Chem kan hom ’n boete van 10% van sy jaarlikse omset op die hals haal en sal waarskynlik verbruikers moet terugbetaal vir die buitensporige prysstygings.

Die kommissie sê hy het talle klagtes ontvang oor gesigmaskers se pryse by Dis-Chem.

LEES OOK: Kla hier oor pryse wat opskiet

Na bewering het die kleinhandelaar sonder dat sy insetkoste verhoog het onder meer die prys van ’n pak van 50 blou gesigmaskers sonder BTW van R43,47 tot R156,95 opgestoot. ’n Pakkie van vyf maskers se prys het ook gestyg met 43% van R13,27 tot R19,03.

Die kommissie sê Dis-Chem se winsmarge het tussen Februarie en Maart beduidend toegeneem.

Die kommissie het al herhaaldelik gewaarsku dat regulasies ingevolge die ramptoestand beteken maatskappye mag nie produkte se pryse opstoot na meer as wat dit gemiddeld in die drie maande voor die inperking was nie.

LEES OOK: Kommissie oorval met klagte oor hoë pryse

Meer oor:  Dischem  |  Mededingingskommissie  |  Covid-19  |  Gesigmaskers
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.