Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Dis-Chem moet R1,2 m. opdok oor gesigmaskers

Dis-Chem is Dinsdag skuldig bevind dat hy buitensporige pryse vir gesigmaskers gevra het. Die apteekgroep is met R1,2 miljoen beboet.

dischem
Dis-Chem is met R1,2 miljoen beboet.

Die Mededingingstribunaal sê in ’n verklaring die gedrag van Dis-Chem was so “afkeurenswaardig” dat hy die groot boete wat die Mededingingskommissie in Mei aanbeveel het, wel gehandhaaf het.

“Ons meen dat die optrede van Dis-Chem nie net kwesbare verbruikers, veral die armes, uitgebuit het nie, maar skandelik was,” sê die tribunaal.

Dis-Chem het in Maart die prys van drie soorte gesigmaskers met tussen 47% en 261% opgestoot sonder dat daar enige noemenswaardige toename in sy insetkoste was.

Die ganse bedrag het gegaan daaroor om sy winsmarge te vergroot.

Na bewering het die kleinhandelaar onder meer die prys van ’n pak van 50 blou gesigmaskers voor belasting op toegevoegde waarde van R43,47 tot R156,95 opgestoot.

’n Pakkie van vyf maskers se prys het met 43% van R13,27 tot R19,03 gestyg.

Volgens die tribunaal maak dit nie saak dat van die prysstygings tegnies voor die aanvang van die staat van inperking gebeur het nie.

Hy verduidelik dat die vraag na gesigmaskers al sedert Januarie vergroot het in afwagting op die onvermydelike verspreiding van Covid-19.

Die tribunaal sê dit kan gesien word in die enorme toename in die verkope van gesigmaskers wat Dis-Chem geniet het sedert Januarie.

Die tribunaal sê gesigmaskers is uiters noodsaaklik vir veral kwesbare individue om hulself mee te beskerm in ’n tyd waarin talle aan die virussiekte doodgaan.

Die tribunaal wys daarop dat Dis-Chem ook op die einste dag wat Suid-Afrika sy eerste sterfte weens Covid-19 gehad het, die pryse van gesigmaskers opgestoot het.

Verskeie boetes vir die styging in die prys van onder meer gesigmaskers en ontsmettingsmiddels is al die afgelope maande gehef. In een geval is ’n maatskappy met R10,9 miljoen beboet.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.