Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Dis koebaai vir Simba se tamatie-skyfies

Suid-Afrikaners het gestem en nou gaan Simba se skyfies met die All Gold-tamatiesousgeur dalk binnekort vir goed van winkelrakke af verdwyn.

PepsiCo, die vervaardiger van Simba- en Lays-aartappelskyfies, het vroeër vanjaar ’n veldtog onder plaaslike verbruikers onderneem om vas te stel watter een uit drie tradisionele geure skyfies nie meer so gewild onder hulle is nie.

Simba gaan die vervaardiging van sy All Gold-skyfies staak nadat verbruikers daarvoor en nog twee ander geure moes stem.

Simba se All Gold-tamatiesousgeur het die spit afgebyt teenoor sout-en-asyn en kaas-en-uie, en laasgenoemde het as algehele wenner uit die smaakstryd getree.

In sy verklaring sê die maatskappy mense het oor drie maande in hul duisende deelgeneem en stemme uitgebring wat die wenner en verloorder uiteindelik sou bepaal. Die “Choose Me or Lose Me”-veldtog is in Maart deur Simba op sosiale media van stapel gestuur.

“Die klassieke All Gold-tamatiesousgeur is uitgestem en moet nou opsy staan vir nuwe geure,” sê Giulia Iorio-Ndlovu, die senior bemarkingsdirekteur vir southappies by PepsiCo.

Sy sê die tweestryd tussen sout-en-asyn en kaas-en-uie was ’n hewige een, met sout-en-asyn wat in ’n stadium die voortou geneem het, maar uiteindelik tevrede moes wees met die tweede plek.

Simba het al voorheen soortgelyke veldtogte gehou om verbruikers se voorkeure te toets.

Uiteindelik is 845 381 stemme getel, waarvan 539 298 aan die wenner toegeken is, 195 460 vir sout-en-asyn en 110 623 stemme vir die behoud van die tamatiesousgeur.

Die een program, “What’s Your Mmmzansi Flavour?”, het meegebring dat Simba nuwe geure skyfies, shisanyama en chakalaka, begin vervaardig het.

“Suid-Afrikaners se smake verander geleidelik en ons wil in voeling bly met ons verbruikers.”

’n PepsiCo-woordvoerder het aan Netwerk24 gesê nuwe skyfies met vleisgeure is in die pyplyn, maar wou nie verder daaroor uitwei nie.

Meer oor:  Pepsico  |  Simba  |  Tjips  |  Aartappelskyfies  |  Kosvervaardigers  |  Skyfies
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.