Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Dis nié glas in jou Liqui Fruit nie

Daar was geen glasstukkies in Liqui Fruit-druiwesapblikkies nie – dis bloot gekristalliseerde wynsteensuur, ’n natuurlike middel wat in druiweprodukte soos druiwesap en wyn kan voorkom.

liqui fruit
Pioneer Foods het sy 330 ml-blikkies Liqui Fruit met rooi druiwesap herroep.

Wynsteensuur, beter bekend as kremetart, word ook in gebak gebruik en is heeltemal veilig vir menslike gebruik.

Nietemin word verbruikers steeds gevra om liefs nie die spesifieke 330 ml-blikkies druiwesap wat verlede week herroep is, te drink nie omdat die kristalle nie veronderstel is om daar te wees nie. Hulle kan dit terugneem na die winkel waar hulle dit gekoop het vir ’n terugbetaling.

Mense word gevra om die blikkies nie weg te gooi nie, maar terug te neem winkel toe.

Blikkies met die stafieskode 6001240225592 en die vervaardigingsdatum BB 01.04.2021 of BB 02.04.2021 is verlede week aan die mark onttrek.

Pioneer Foods, wat Liqui Fruit by sy aanleg in Ceres vervaardig, sê onafhanklike toetse het bevestig die kristalletjies wat in die blikkies gevind is, is kaliumbitartraat, oftewel wynsteen of kremetart.

“Kristallisasie vind onder sekere omstandighede plaas, soos lae temperature, en het in dié geval gebeur nadat die produk verwerk en geblik is.

“Pioneer Foods vra om verskoning vir enige angs en bekommernis wat veroorsaak is terwyl ons die uitkoms van die gedetailleerde ontleding van die kristalle afgewag het.”

Mense wat meer inligting wil hê, kan Pioneer Foods bel by 0800 212 360 of e-pos stuur na consumercare@pioneerfoods.co.za.

Alle ander Liqui Fruit-produkte is op peil, sê die maatskappy.

Meer oor:  Pioneer Foods  |  Kos  |  Kosverspreiding
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.