Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Dís waarom room skielik so skaars is
As jy dalk sukkel om room in die winkels te vind, is dit straks weens die brand by Clover se melkpoeierfabriek in Estcourt, KwaZulu-Natal.Foto: Clover

As jy gewonder het hoekom jy sukkel om room in die winkels te koop – dis dalk omdat die suiwelgroep Clover se poeiermelkfabriek in Estcourt in Maart in ’n brand beskadig is.

Clover het Vrydag verduidelik die beskikbaarheid van sy room is aansienlik geraak omdat hy weens die skade aan die fabriek in Estcourt nie verpoeierde afgeroomde melk kon produseer nie.

Dit het ook tot ’n tekort aan sekere van sy ander suiwelprodukte gelei waarop hy hoë winsmarges verdien.

Volgens Clover is hy omvattend verseker teen sowel die brand by die fabriek as die ontwrigting in sy bedrywighede in die vorm van die verlies aan winste weens produkte wat nie verkoop kon word nie. Hy is egter nog in gesprek met sy versekeraars oor die omvang van sy eis.

Clover spog intussen sy margarien- en smeerprodukte wat in Maart bekend gestel is, is goed in die mark ontvang. Weens die taai handelstoestande kon hy nie dadelik pryse verhoog nie, en dit sal nou eers tussen nou en Augustus deurkom.

Clover sê sy inkomste uit dienste gelewer is geraak deur skerp dalings in die volume van Diary Farmers of South Africa. Clover het ook net tot Februarie diensgeld ontvang van Remgro se smeerbedrywighede wat voorheen deur Unilever besit is.

Dit was omdat die verspreidingskontrak wat hy gehad het nie hernieu is nie. Clover het wel van hierdie maand af ’n nuwe verskaffer in die vorm van die Willowton-groep gekry. Die Willowton-groep lewer margariens en smere soos WoodenSpoon, Sunshine D, d’lite, Romi en Sunfoil.

Clover het ook ’n nuwe vyfjaarooreenkoms met Danone Suider-Afrika gesluit om van 1 Julie stoor- en verspreidingsdienste vir Danone se joghurts te lewer. Die kontrak is meer as R400 miljoen werd en kan volgens die Clover-direksie in die toekoms nog ’n betekenisvolle invloed op sy syfers hê.

Oor die voorgenome oorname van die groep deur die internasionale suiwelgroep Milco het Clover gesê die transaksie is onder meer nog onderhewig aan goedkeuring deur die mededingingsowerhede, en die uitreiking van ’n voldoeningsertifikaat ingevolge die Maatskappyewet.

Clover gaan op 10 September sy resultate vir die boekjaar tot einde Junie uitreik. Volgens Clover verwag hy sy wesensverdienste per aandeel sal meer as R1,80 per aandeel hoër wees as die verlies van 23,1c per aandeel wat ’n jaar gelede gely is.

Meer oor:  Clover  |  Maatskappye  |  Room  |  Fabriek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.