Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Dís wat minimum loon Shoprite elke maand kos

Die Shoprite-groep se personeelkoste het in die boekjaar tot einde Junie skerp met 10,6% tot R12 miljard gespring.

Die nasionale minimum loon van R20 per uur of R3 500 per maand het op 1 Januarie 2019 in werking getree.

Anton de Bruyn, finansiële hoof, het Dinsdag op ’n aanbieding aan beleggers gesê dié syfer was by die halfjaar 5,6% hoër. Die skerp verhoging vir die volle jaar is weens twee groot gebeure wat ’n invloed in die tweede helfte van die boekjaar gehad het, ingesluit die inwerkingtreding van die nuwe nasionale minimum loon van R20 per uur of R3 500 per maand.

Volgens hom het dié loon R14 miljoen tot R15 miljoen per maand bykomend tot sy salarisrekening gevoeg.

Boonop het die jaarlikse verhogings in werking getree wat ingevolge tweejaarlikse loononderhandelinge met vakbonde beding word.

Die groep het 147 268 personeellede, het Pieter Engelbrecht, uitvoerende hoof, getoon.

Die groep spog daarmee dat hy die grootste werkgewer in die private sektor is.

Die groep het in die jaar 3 500 nuwe poste geskep.

Volgens Engelbrecht is Shoprite se totale arbeidsmag egter laer omdat 50% van Hungry Lion verkoop is.

Volgens hom is meer as 30 000 mense in die jaar opgelei.

Die personeelkoste wat so skerp toegeneem het, het bygedra dat die groep se koste vir die volle boekjaar met 7,7% verhoog het.

Dit is vergeleke met verkope wat in die boekjaar met 3,6% tot R150,4 miljard gestyg het. Nadat die koste van verkope afgetrek is, hou die groep R35,3 miljard oor.

Ná uitgawes toon hy ’n handelswins van R6,8 miljard, 14% laer as die vorige jaar.

Meer oor:  Shoprite  |  Checkers  |  Pieter Engelbrecht  |  Minimum Loon  |  Kleinhandelaars  |  Kleinhandel  |  Winkelgroepe
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.