Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Discovery Bank: Deposito’s spring met R4 mjd.

Discovery Bank se deposito’s van kliënte het in die afgelope ses maande met R4 miljard tot meer as R6,1 miljard gestyg.

Discovery Bank lok al hoe meer geld.

Adrian Gore, uitvoerende hoof van die Discovery-groep, het Donderdag aan beleggers tydens ’n aanbieding oor die resultate gesê dit is groei van 97% sedert die migrasie van voormalige kliënte van FNB af na die bank afgehandel is.

Hy sê die deposito’s het sterk gegroei in ooreenstemming met die strategie van die bank.

Die bank spog daarmee dat hy die vinnigste groei met betrekking tot deposito’s in Suid-Afrika ervaar.

Terwyl die deposito’s lewendige groei getoon het, was die bank meer konserwatief met sy lenings.

Die lenings wat toegestaan is, het met R1,5 miljard gegroei, maar dis hoofsaaklik weens die migrasie van die kliënte van FNB af.

Die oordrag van die gesamentlike leningsboek met FNB is in dié tyd suksesvol afgehandel.

Meer as 220 000 kliënte en 350 000 rekenings is van die gesamentlike onderneming af oorgedra teen Julie.

Die bank het einde van Desember 287 000 kliënte gehad met meer as 540 000 rekeninge.

Die groep sê die bank se IT-stelsel hanteer die groeiende getal kliënte en transaksievolumes goed.

In die halfjaar het die bank ’n netto inkomste van R477 miljoen verdien.

Sy verlies uit bedrywighede het egter verdiep van R530 miljoen tot R611 miljoen.

Deon Viljoen, finansiële direkteur, het met jaareinde verlede jaar gesê die bank sal volgens die sakeplan vir vier of vyf jaar verliese ly totdat skaal bereik is en hy begin gelykbreek.

Hylton Kallner, voorheen die uitvoerende hoof van Discovery Life, is begin van die jaar as uitvoerende hoof van die bank aangestel.

Hy het by Barry Hore oorgeneem nadat die boufase en migrasie afgehandel is.

Hore het die afgelope vyf jaar die bou van die bank van die grond af gelei tot die uiteindelike bekendstelling en migrasie van die Discovery Card-portefeulje van FNB af, is in ’n verklaring gesê.

Meer oor:  Discovery Bank  |  Banke  |  Bankbedryf
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.