Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Discovery Bank ‘wil jou geldsake gesond hou’

Discovery se nuwe bank wil jou finansies gesond hou.

Adrian Gore, uitvoerende hoof van Discovery.

Adrian Gore, uitvoerende hoof van Discovery, het Woensdag die nuwe bank in sy hoofkantoor in Sandton, Johannesburg aan die media bekend gestel.

Die manier hoe die bank werk, “is gegrond op mense se gedrag en fokus op mobiliteit”, sê hy.

“Ons wil net soos met ons mediese fonds mense help om gesonder te leef, maar in dié geval wil ons help dat hul finansies gesond is.”

Die bank gaan hoofsaaklik via die nuwe Vitality Money-app werk.

“Hierdie app gaan net soos ons ander Vitality-produkte mense aanspoor om ’n beter finansiële lewe te lei,” sê hy.

Kliënte kan reeds vir dienste registreer, maar die bank sal eers van Maart 2019 op dreef wees.

"Van vandag af toets 3 000 werknemers en ander raadgewers ons produk. Ons wil seker maak dit werk 100%," sê Gore.

Meer inligting volg.

Meer oor:  Discovery Bank  |  Discovery  |  Adrian Gore  |  Banke  |  Bankbedryf
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.