Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Discovery-plan lyk na diskriminasie, sê AfriForum
AfriForum

Hy is bereid om sy lede by te staan indien hulle van mediese fonds wil verander sou Discovery nie sy planne laat vaar om net aan swart deposante van sy nuwe bank ’n 10%-belang in die bank te gee nie, sê AfriForum.

Discovery het vandeesweek sy nuwe bank aangekondig wat sy virtuele deure na verwagting in Maart aanstaande jaar sal open.

Met die bekendstelling Woensdag in Johannesburg het Adrian Gore, uitvoerende hoof van Discovery, gesê daar is reeds besluit om die 10%-belang in die bank aan swart kliënte te gee, hoewel die presiese besonderhede van dié skema nog nie afgehandel is nie.

“Ons lede is geweldig gegrief deur hierdie blatante rassediskriminasie. Ons leef in die jaar 2018."

Hierdie besluit kom op rassediskriminasie neer, sê AfriForum in ’n verklaring.

“Ons lede is geweldig gegrief deur hierdie blatante rassediskriminasie. Ons leef in die jaar 2018. As Discovery hom met opheffingsprojekte wil bemoei, sal dit veel meer sin maak om byvoorbeeld in onderwys te belê,” sê Ernst Roets, adjunk- uitvoerende hoof.

Hy sê die burgerregte-organisasie doen in hierdie stadium egter nog nie ’n beroep op sy lede om hul sake met Discovery te staak nie, maar is bereid om enige lid te help om van mediese fonds te verander “indien nodig”.

Discovery het teen druktyd nog nie op ’n versoek om kommentaar reageer nie, maar Gore het Woensdag met die bekendstelling van die bank gesê die maatskappy glo dié skema is “die regte ding om te doen”.

Meer oor:  Discovery Bank  |  Discovery  |  Ernst Roets  |  Adrian Gore  |  Banke  |  Mediese Fondse  |  Afriforum  |  Rassisme  |  Bemagtiging
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.