Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Discovery samel R1,85 mjd. in vir sy bank

Discovery het R1,85 miljard ingesamel deur sy versnelde boekbou-aanbod om geld te kry vir Discovery Bank.

Adrian Gore, stigter en uitvoerende hoof van Discovery.

Die boekbou-aanbod behels die uitreiking van meer as 11,4 miljoen nuwe aandele aan kwalifiserende aandeelhouers teen R162 per aandeel.

Die geld gaan gebruik word om FirstRand se belang van 25,01% in Discovery Bank uit te koop, wat hy in die gesamentlike onderneming vir Discovery-kredietkaarte besit, en om alle regte van die Discovery-kaartonderneming en verwante bates oor te neem.

Discovery het in Oktober verlede jaar aangekondig dat hy suksesvol was met sy aansoek by die Omsigtigheidsowerheid (voorheen die registrateur van banke) vir ’n nuwe banklisensie. In daardie stadium is voorgestel dat die oorkruisaandeelhouding in Discovery Bank deur FirstRand verklein moet word en uiteindelik moet verdwyn. FirstRand is self ’n finansiëledienstegroep met sy eie banke, FNB en RMB.

Die boekbou was oorvolskryf, het Discovery Vrydag aangekondig. Uitvoerende direkteure van Discovery, onder wie Adrian Gore, uitvoerende hoof van Discovery, Barry Swartzberg, uitvoerende hoof van Vitality, en Herschel Mayers, uitvoerende hoof van Discovery Life, het saam vir 1,5 miljoen van die aandele ingeskryf.

Aandeelhouers van Discovery moet nog die uitreiking van die nuwe aandele by ’n jaarvergadering op 26 November amptelik goedkeur.

As al die nodige regulatoriese goedkeurings verkry word, sal die nuwe aandele op 14 November op die JSE genoteer word, het Discovery gesê.

Discovery se aandeelprys was Vrydag 3,6% laer op R163,85. – Fin24

Meer oor:  Rmb  |  Fnb  |  Discovery Bank  |  Firstrand  |  Discovery  |  Barry Swartzberg  |  Adrian Gore  |  Banke  |  Bankbedryf
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.