Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Discovery se wins kan tot 10% daal
Discovery
Discovery se hoofkantoor in Sandton, Johannesburg. Foto: Elvira Wood

Die Discovery-groep se aandeelprys was Maandag bykans 4% laer nadat ’n handelsoorsig getoon het met hoeveel sy wins uit sy bedrywighede gaan daal.

Die groep verwag dat sy wins uit bedrywighede vir die halfjaar tot einde Desember met tussen 5% en 10% kan daal.

Die groot redes vir die daling is die belegging in nuwe inisiatiewe soos Discovery Bank, VitalityInvest en Vitality1 wat skerp met 81% gestyg het, terwyl VitalityLife in Brittanje ’n bedryfsverlies gely het.

Gevolglik gaan sy genormaliseerde wins uit bedrywighede tot tussen R3,4 miljard en R3,6 miljard vergeleke met die ooreenstemmende halfjaar se R3,7 miljard daal.

Die groep sê al sy ander afdelings het goeie bedryfsresultate getoon.

Genormaliseerde wins uit bedrywighede voor die belegging in nuwe inisiatiewe gaan na verwagting met tussen 2% en 7% styg.

Sy belangrikste afdelings se genormaliseerde wins uit bedrywighede vir die halfjaar styg as volg:

  • Discovery Health: 8%
  • Discovery Life: 25%
  • Discovery Invest: 7%
  • Discovery Insure: 21%
  • VitalityHealth: 11%

VitalityLife het ’n bedryfsverlies gely weens die besluit om sy blootstelling aan verdere rentekoersverlagings in

die Verenigde Koninkryk te verminder. Die besluit om die blootstelling aan rentekoerse in Brittanje te verlaag is deur ’n verskansingstruktuur gedoen. Dit, asook die moeilike bedryfsomgewing in Brittanje, het tot die bedryfsverlies gelei.

Genormaliseerde wesensverdienste per aandeel gaan na verwagting met tussen 10% en 15% daal. Dit hou verband met finansieringskoste wat hoër was, maar die groep sê dit is in ooreenstemming met sy langtermyn-kapitaalplan en ’n hoër belastingkoers vir die groep.

Verwaterde wesensverdienste per aandeel gaan met tussen 8% en 13% daal.

Die resultate word later vandeesweek uitgereik.

Meer oor:  Discovery Health  |  Discovery  |  Resultate  |  Mediese Fonds  |  Maatskappy
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.