Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Discovery verkoop aandele in aanloop tot nuwe bank

Discovery gaan tot R1,85 miljard in ’n versnelde boekbou-aanbod invorder om FirstRand te betaal vir sy belang in Discovery Bank, wat volgende week bekend gestel word.

Die uitvoerende hoof van Discovery, Adrian Gore.

Die Omsigtigheidsowerheid (voorheen die registrateur van banke) het bepaal dat Discovery nie ’n bank bekend mag stel voordat FirstRand sy 25,01%-belang daarin verkoop het nie omdat die twee maatskappye teen mekaar sal meeding.

Discovery en FirstRand het nou ooreengekom dat Discovery FirstRand se belang koop, sowel as die 25,01%-belang wat FirstRand in die gesamentlike onderneming vir Discovery-kredietkaarte besit.

Discovery moet altesame R1,85 miljard aan FirstRand betaal, wat gefinansier gaan word deur die uitreiking van aandele.

Die aandele word by kwalifiserende beleggers geplaas. Dit is dus nie ’n aanbod vir lede van die publiek nie.

Die boekbou open nou en sal ook so gou as moontlik gesluit word.

Rand Merchant Insurance Holdings (RMI), wat tans 25% van Discovery besit, het aangedui dat hy tot R464 miljoen se aandele sal koop.

Uitvoerende direkteure van Discovery, waaronder Adrian Gore, uitvoerende hoof van Discovery, Barry Swartzberg, uitvoerende hoof van Vitality, en Herschel Mayers, uitvoerende hoof van Discovery Life, sal altesame tot R240 miljoen se aandele koop. Die direkteure besit tans 13% van Discovery. Dit moet nog op die jaarvergadering deur aandeelhouers goedgekeur word.

Meer oor:  Rmi  |  Firstrand  |  Discovery  |  Discovery Bank  |  Adrian Gore  |  Banke  |  Reserwebank
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.