Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Distell: Basta met brandewyn, alkohol nou vir hande

Die Stellenbosse drankmaatskappy Distell gaan nou met die vervaardiging van waterlose handreiniger en ander ontsmettingsmiddels begin omdat dié produk alkohol benodig en die maatskappy daaroor beskik.

’n Voorstelling van hoe die handreiniger kan lyk wat Distell nou gaan vervaardig.

Die maatskappy is een van talle wat in Suid-Afrika en oorsee hul normale bedrywighede opskort om in die lig van die koronavirus-pandemie met die verskaffing van noodsaaklike produkte soos reinigingsmiddels te help.

In Italië het maatskappye wat normaalweg parfuum vervaardig, ook begin om handreinigers te maak.

Die grootste bestanddeel van handreinigers wat teen die virus gebruik word, is alkohol.

Richard Rushton, uitvoerende hoof, sê hulle wil die regering help om die vinnige verspreiding van die virus te bekamp. Die maatskappy het 100 000 liter alkohol opsygesit hiervoor.

Die ander bestanddele van reinigers is waterstofperoksied en gliserien. Van die gliserien is tans in die Kaapse hawe en die produksie van die reinigers begin Maandag sodra dit ontvang is.

Na gelang van wat die regering se behoeftes is, sal die ontsmettingsmiddels ook aan hospitale verskaf word.

Volgens Distell sal die handreinigers gratis na weerlose gemeenskappe versprei word.

Die maatskappy werk saam die regering om dié gemeenskappe te identifiseer. Aanvanklik gaan 45 000 liter van die handreinigers vervaardig word, en dit sal deur die regering en nieregeringsorganisasies versprei word.

“Daar is ’n akute tekort aan suiwer alkohol om handreinigers en ontsmettingsmiddels te vervaardig en dit word dringend in hospitale en huishoudings benodig.

“Ons besef ons plig as ’n maatskappy wat in die drankbedryf betrokke is, en wil graag ons deel bydra,” lui Distell se verklaring.

“Hierdie pandemie is waarskynlik die grootste krisis waarmee ons land in ons nuwe demokrasie te kampe het.”

Intussen het die Rhodes-universiteit op Twitter gesê hy is druk besig om maskers vir die gemeenskap te vervaardig.

Die farmaseutiese studente is ook besig om handreinigers te ontwikkel.


Meer oor:  Distell  |  Handreinigers  |  Drank  |  Staat Van Inperking  |  Alkohol  |  Koronavirus  |  Noodsaaklike Dienste  |  Inperking  |  Drankbedryf  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.