Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Distell behou dividend, al knou bier verkope

Die groot afslagpryse waarteen bier die afgelope maande aan verbruikers verkoop is, het wynverkope in Suid-Afrika geknou, het die drankgroep Distell gesê.

Die groot afslagpryse waarteen bier die afgelope maande aan verbruikers verkoop is, het wynverkope in Suid-Afrika geknou, sê Distell.

Die groep sê die binnelandse mark is die afgelope halfjaar, tot einde Desember, gekenmerk deur die groot afslagpryse waarteen bier deur mededingers verkoop is te midde van verbruikers se besteebare inkomste wat gekrimp het.

Die liters drank wat die groep in die binnelandse mark verkoop het, het in die halfjaar met 7,8% gedaal.

Volgens Lucas Verwey, finansiële hoof van die groep, is dié daling grootliks weens sy goedkoper wyn wat onder druk was van die afslagpryse op bier.

Die wyn sluit in handelsname soos 4th Street, Paarl Perle en Tassies.

“Almal ding in die mark mee met bier. In die huidige ekonomiese omstandighede gaan dit oor prys en hulle het goeie waarde vir verbruikers gebied.”

’n Verhoging in wynpryse wat Distell besluit het hy in die marktoestande aan verbruikers gaan deurgee, het bygedra tot die daling in volumes in Suid-Afrika.

Volgens Distell het die pryse van goedkoper wyne in Suid-Afrika sowat 12% gestyg terwyl goedkoper biere wat insluit Black Label en Castle gemiddeld 3% gedaal het.

Die prysverhogings wat Distell aan verbruikers deurgegee het, het bygedra tot die daling in volumes wat verkoop is.

Sy inkomste uit wyn wat in Suid-Afrika verkoop is, het met 7,3% gedaal.

In geheel het sy inkomste in Suid-Afrika met 1,7% tot R11 miljard gestyg danksy sy ander produkte wat goeie verkope behaal het. Dit sluit in:

  • Sy inkomste uit sider het met 4,4% gestyg aangevuur deur Savanna, Extreme en Esprit.
  • Die inkomste van sy spiritualieë het met 7,5% gestyg danksy Gordon’s, Count Pushkin en Scottish Leader wat sterk groei getoon het.
  • Brandewynverkope se inkomste het ook weer gestyg danksy Richelieu.

Die volumes wat oorsee verkoop is, het met 6,5% gedaal en inkomste het onveranderd gebly. Dit is toegeskryf aan ’n daling in wynuitvoer in ooreenstemming met die afname in Suid-Afrika se wynuitvoer.

In geheel het Distell se inkomste met 2,7% tot R14,8 miljard gestyg. Die inkomste van sy verskillende produkte het as volg gelyk:

  • Spiritualieë het met 8,6% tot R5,4 miljard gestyg.
  • Wyn het 6,8% tot R3,6 miljard gedaal.
  • Bier en alkohol-koeldranke het 4,3% tot R5,6 miljard gestyg.

Die taktiese besluit wat Distell oor sy inkomste in die vorige boekjaar geneem het om die wynprysverhogings aan verbruikers deur te gee het die inkrimping in sy bruto winsmarge beperk.

Sy bruto winsmarge het minder gekrimp as wat van sy mededingers in die biermark ervaar het.

Die bedryfswins het met 1,9% gedaal.

’n Dividend van 174c is verklaar, wat dieselfde as die vorige jaar is.

Meer oor:  Distell  |  Brandewyn  |  Drank  |  Alkohol  |  Bier  |  Wyn  |  Wynbedryf  |  Drankbedryf
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.