Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Distell daal 5% wyl mark wag op perke op drank

Die drankgroep Distell se aandeelprys het Donderdag in ’n stadium met 5% gedaal terwyl daar landwyd bespiegel word oor moontlike hernude inperkings wat aangekondig kan word om die skerp styging in infeksies van die koronavirus in die Oos- en Wes-Kaap in bedwang te bring.

Die feestyd is ’n baie belangrike tyd vir verkope vir drankhandelaars en drankgroepe.

Distell
'n Paar van Distell se handelsname.

Distell het gewilde produkte soos die vonkelwyn JC Le Roux, Esprit, Bernini, Hunter’s, Savanna, Klipdrift, Richelieu, Viceroy, 4th Street, Amarula, asook wyne van Nederburg en Durbanville Hills, in sy stal.

Sy aandeelprys het vroegoggend te midde van die bespiegelings tot R88,20 gedaal.

Die aandeelprys het 1,6% laer op R91,49 gesluit.

Drankverkope is vanjaar twee keer heeltemal verbied, en toe die verbod uiteindelik die laaste keer in Augustus weer opgehef is, is beperkte handelsdae en -ure toegelaat.

Teen 20 September is die handelsdae tot Vrydae verleng en het drankverbruik op persele twee uur ekstra gekry vir verkope toe vlak 1 van die inperking in werking getree het.

Die verbod op winkels se drankverkope oor naweke is eers op 11 November opgehef.

Binne ’n paar dae in die week van 16 November is berig die infeksies is weer in die Oos-Kaap aan die styg.

Netcare het op Maandag 23 November gesê hy vlieg nog personeel en ventilators Oos-Kaap toe.

LEES OOK: Netcare vlieg ventilators, personeel Oos-Kaap toe

Verlede Vrydag het Life Healthcare en Mediclinic gesê hulle stuur ekstra toerusting en personeel na hul hospitale in die Suid-Kaap.

LEES OOK: Hospitale stuur nog personeel, hulp na Tuinroete

Distell het in die boekjaar tot einde Junie 100 miljoen liter se verkope tydens die eerste drankverbod verloor. Dit is R4,3 miljard se inkomste wat verlore gegaan het.

Sy aandeelprys het van die begin van die jaar af van R130 met 30% gedaal. 

Die drankbedryf wou vandeesweek nie vooraf bespiegel oor wat pres. Cyril Ramaphosa Donderdagaand kan aankondig nie.

News24 het Dinsdag berig daar is betroubaar verneem drankverkope gaan weer beperk word om net van Maandag tot Donderdag te mag plaasvind, en dat kuierplekke hul deure teen 22:00 sal moet sluit.

Meer oor:  Distell  |  Hospitale  |  Drankverkope  |  Virus  |  Pandemie  |  Inperking  |  Drankverbod
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.