Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Distell: Drankverkope herstel beter as verwag

Distell is aangenaam verras deur die herstel in drankverkope sedert die verbod daarop op 17 Augustus vir die tweede keer gedeeltelik opgehef is.

Distell is versigtig optimisties oor die herstel van drankverkope, selfs al geld inperkingsmaatreëls nog.

Die drankreus, wat onder meer Klipdrift, Savanna, JC le Roux en Nederburg in sy stal het, sê ook minder klein kroeë het hul deure permanent gesluit as wat hy verwag het.

Distell se nuwe boekjaar was nog nie eens twee weke oud toe die nuwe drankverbod sonder enige waarskuwing op 13 Julie in werking gestel is nie. Die aanvanklike drankverbod is op 1 Junie opgehef. Alkoholverkope by drankwinkels is steeds oor naweke verbode, maar mag by restaurante en kroeë genuttig word.

Veral verkope in Suid-Afrika – volgens Distell die enigste land ter wêreld wat ’n volslae verbod op drankverkope heringestel het – is erg geraak.

Die groep sê egter in ’n handelsverklaring die tendens is “bemoedigend” en selfs beter as verwag.

Die maatskappy sê sy verkope weerspieël veranderinge in verbruikers se gedrag wat uit die inperking spruit. Spiritualieë en hoofstroom-wyne is topverkopers in die lig daarvan dat meer mense by die huis drink eerder as in restaurante.

Van die groep se klaargemengde drankies (Distell vervaardig Bernini en Esprit) vaar ook goed.

Verkope by restaurante en kroeë is volgens Distell besig om geleidelik te herstel.

Distell ondersteun klein ondernemings en sjebiens deur beskermende drag aan hulle te gee en sê hy verskaf slegs drank aan drinkplekke wat wel aan Covid-19-regulasies voldoen.

Whisky en Amarula verkoop veral goed in ander oorsese markte.

Distell verwag dat verkope in die gasvryheidsbedryf onder druk sal bly gegewe wêreldwye reisbeperkings wat voortduur.

Distell het onlangs die wynlandgoed Alto verkoop en die verkoop van Plaisir de Merle is byna afgehandel.

Die groep het ook ’n vereenvoudiging aangekondig vir die manier waarop langtermynbonusse bereken word. Aandeelhouers stem Woensdag op sy jaarvergadering daaroor.

Meer oor:  Distell  |  Kroeë  |  Drankverkope  |  Drank  |  Staat Van Inperking  |  Sjebiens  |  Koronavirus  |  Wyn  |  Wynbedryf  |  Restaurante  |  Whisky  |  Inperking  |  Drankverbod  |  Drankbedryf  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.