Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Distell se pakhuis in KZN geplunder

Distell se pakhuis in New Germany buite Durban was Dinsdagoggend die teiken van oproeriges in die gebied.

“Die pakhuis het deurgeloop onder geweld en daarom het ons besluit om as voorsorg vir eers al ons bedrywighede in Gauteng en KwaZulu-Natal te staak,” het Distell aan Netwerk24 bevestig.

“Soos miljoene Suid-Afrikaners maak Distell sterk kapsie teen die gewelddadige protesoptogte en misdadige aktiwiteite. Dit verdien geen regverdiging nie.”

Die drankgroep, wat bekende handelsname soos Hunter’s Gold, Savanna en Old Brown Sherry besit, doen ook ’n ernstige beroep op wetstoepassers om mense en eiendom te beskerm.

Lucky Ntimane, sameroeper van die Nasionale Drankhandelaarsvereniging (NLT), het video’s op sosiale media geplaas wat wys hoe die pakhuis in New Germany brand.

“Ons grootste vrees het waar geword soos lede en taverne-eienaars se eiendom afgebrand word. Die plundering wat ons hier sien, gebeur ook by van ons ander lede se geboue en eiendomme.”

Volgens Ntimane wys foto’s dat van die misdadigers in hegtenis geneem is. Die polisie kon dit egter nog nie bevestig nie.

Lucky Ntimane, sameroeper van die Nasionale Drankhandelaarsvereniging (NLT), het dié foto op sosiale media gedeel van mense wat gevang is toe hulle drank plunder.
Meer oor:  Distell  |  Kroeë  |  Drankverkope  |  Bierbedryf  |  Drank  |  Zuma-Geweld  |  Staat Van Inperking  |  Plundery En Geweld  |  Sjebiens  |  Bier  |  Zuma-Betogings  |  Koronavirus  |  Bierbrouerye  |  Inperking  |  Drankverbod  |  Drankbedryf  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.