Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Dobbel: Aandklokreël knou casino’s

Die hernude aandklokreël beteken dat casino’s een van hul winsgewendste tye verloor, wat ’n groot impak op hul inkomste gaan hê.

Gold Reef City in Johannesburg, ’n casino wat deur Tsogo Sun Gaming bedryf word. Foto: Verskaf

Pres. Cyril Ramaphosa het Sondagaand ’n aandklokreël van 21:00 tot 04:00 afgekondig terwyl die land op vlak 3 van die staat van inperking bly.

Baie ondernemings maak egter daarop staat om tot ná 21:00 in die aand ’n inkomste te verdien.

Veral casino’s wat staatmaak op klante wat ná werk by hul perseel opdaag, word geraak.

Volgens Chris du Toit, uitvoerende hoof van Tsogo Sun Gaming, wat onder meer Montecasino in Johannesburg besit, is die aandklokreël ’n groot terugslag.

Van hul besigste bedryfsure is saans en selfs tot die vroeë oggendure.

Casino’s kan nie hiervoor opmaak deur tydens werkure meer klante te lok nie.

Graham Wood, bedryfshoof van Sun International wat onder meer die GrandWest Casino in Kaapstad besit, sê hul inkomste gaan ernstig geraak word.

Wood sê hulle sal nou op net naweke moet staatmaak om die meeste van hul inkomste te genereer.

Tsogo Sun sê hulle is teleurgesteld oor die aandklokreël aangesien hul veiligheidsmaatreëls so goed gewerk het sedert hulle op 29 Junie kon heropen.

Tsogo Sun bedryf 13 casino’s in Suid-Afrika, waarvan almal tans oop is.

Du Toit wou nie kommentaar lewer op die vraag of dit ekonomies volhoubaar is om al 13 casino’s te bedryf wanneer hul winsgewendste tye wegval nie. Hy sê egter Tsogo Sun Gaming sal in bedryf bly solank die aandklokreël geld.

“Ons hoop dat dié situasie net tydelik sal wees,” sê hy.

Tsogo Sun se casino’s sal egter voortaan om 20:30 sluit.

Enid Vickers, woordvoerder van Sun International, sê elkeen van hul tien casino’s wat tans oop is, dus benewens Sun City wat gesluit bly, kan voortaan self kies hoe laat hulle saans gaan sluit.

Die aandklokreël vereis dat almal teen 21:00 tuis is, dus werknemers ook. So sekere persele sal dalk meer tyd moet toelaat sodat die mense betyds tuis kan kom.

Wood reken hierdie casino’s sal almal ook omstreeks 20:30 sluit.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.