Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
KYK: Dooie rot laat aandeelprys tuimel
'n Chinese restaurant moet verduidelik hoe 'n rot in die sop beland het.

’n Chinese restaurantgroep is in die pekel ná plaaslike mediaberigte dat ’n klant ’n dooie rot in sy sop gekry het.

Aandele van Xiabuxiabu Catering Management China Holdings het Dinsdag met tot 11% op die aandelebeurs in Hongkong getuimel, nadat dit reeds vandeesmaand 6,1% van sy waarde prysgegee het toe die nuus oor die onwelkome happie in die kospotte bekend geword het.

Die owerhede in die stad Weifang, in die ooste van China se Shandong-provinsie, toets nou die veiligheid van voedsel by een van Xiabuxiabu se restaurante in die stad.

’n Plaaslike webtuiste, Weifang.sdnews.com, het Vrydag ná marksluiting berig dat ’n klant op 6 September ’n dooie rot in ’n tradisionele Chinese gereg van sop met groente en vleis by dié restaurant gekry het.

Kyk die video van die grusame vonds hier.

In ’n verklaring wat op 8 September op die sosialemedia-platform Weibo gepubliseer is, sê Xiabuxiabu sy eie voorlopige ondersoek het bevind dis nie die restaurant se higiëne of enige ander bedryfsfout wat veroorsaak het dat die rot in die klant se ete beland het nie.

Die verklaring is intussen van die webtuiste verwyder.

Gesondheidsinspekteurs het die restaurant gelas om sy bedrywighede te staak en in ’n verklaring gesê hy word deur boetes in die gesig gestaar.

Hoewel daar nooit ’n goeie tyd is om ’n dooie rot in jou kos te ontdek nie, kon hierdie gebeure nie op ’n slegter tydstip vir Xiabuxiabu gekom het nie.

Verhandeling in die Hongkong-genoteerde aandeel het pas uitgebrei na die Chinese vasteland deur middel van ’n skakel tussen die aandelebeurse van Shenzhen en Hongkong.

Die aandelebeurs van Shenzhen het net Maandag die nuwe skakel aangekondig.

Die sop, in die vorm van ’n eenpotgereg, is ’n gewilde maaltyd in China. Restaurantgangers voeg self vleis en groente by ’n stomende pot sop wat op hul tafels prut. En nee, dooie rotte is nie op die spyskaart as byvoeging tot die maaltyd nie. – Bloomberg, verwerk

Meer oor:  Hongkong  |  China  |  Sop  |  Rot  |  Maatskappye
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.