Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Drankbedryf draai nou oortreders se krane toe

Die drankbedryf het die voorraad van 44 kroeë en restaurante in die Wes-Kaap afgesny nadat hul lisensies deur die provinsiale drankbedryf teruggetrek is omdat hulle inperkings- en drankregulasies oortree het.

Kroeë wat inperkingsregulasies oortree het, gaan nie meer drank van die land se groot drankfirmas ontvang nie.

Volgens Kurt Moore, uitvoerende hoof die bedryfsliggaam Salba, is die eienaars van die afsetplekke skriftelik verwittig van die besluit dat voorraad nie meer aan hulle verskaf gaan word nie.

“Die drankbedryf neem streng standpunt hieroor in dat as ’n handelaar nie aan die regulasies voldoen nie en sy lisensie verloor, dienslewering en voorraad aan hom gestop gaan word,” sê Moore in ’n verklaring.

Die bedryf steier nog onder die verwoestende impak van die drankverbod wat twee keer die afgelope maande ingestel is.

Sedert die verbod gelig is, bepleit die bedryf verantwoordelike handel onder drankhandelaars en verantwoordelike verbruik onder verbruikers.

Patricia Pillay, uitvoerende hoof van die Biervereniging van Suid-Afrika (Basa), sê die bedryf werk saam met die regering en handelaars om nakoming aan die inperkingsregulasies te verseker.

Die reëls sluit in dat ’n afsetplek nooit meer as 50% vol is nie, seker gemaak word dat klante maskers dra en dat handelsure nagekom word. Handelaars moet ook nie drank verkoop aan sigbare dronk klante, swanger vroue en minderjariges nie.

Die Verbruikersgoedereraad het ook ’n telefoonnommer, 0800 014 856, beskikbaar gestel vir klante en handelaars om oortredinge van die regulasies aan te meld.

Die wenke sal aan die polisie verskaf word om dit te ondersoek.

Moore sê handelaars en verbruikers moet hou by die reëls van die inperking sodat ’n kuiery in drinkplekke nie tot die verspreiding van die koronavirus bydra nie.

Meer oor:  Basa  |  Inperking  |  Kroeg  |  Drankbedryf  |  Covid-19  |  Kroeë  |  Drank  |  Staat Van Inperking  |  Sjebiens  |  Bier  |  Koronavirus  |  Aandklokreël  |  Restaurante
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.