Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Drankbedryf verwelkom vlak 3; hier is die reëls

Die drankbedryf en restaurante is verlig dat Suid-Afrikaners weer ’n wettige drankie sal mag geniet.

Die SAB het die opheffing van die algehele drankverbod verwelkom.

Pres. Cyril Ramaphosa het Sondagaand aangekondig drankwinkels mag weer met beperkte handelsure drank verkoop, van Maandae tot Donderdae 10:00 tot 18:00.

Restaurante mag ook weer drank bedien, maar steeds net tot 20:00 in die aand, al is die aandklokreël tot 22:00 aangeskuif.

Ramaphosa het die land Sondagaand van die aangepaste vlak 4-inperking na ’n aangepaste vlak 3 verskuif.

Dit tree om middernag in werking.

LEES OOK: Gesondheid, dis vlak 3: 10 dinge wat jy moet weet

Plekke wat drank verkoop wat op die perseel gedrink word, sal enige dag van die week ingevolge hul lisensievoorwaardes drank mag verkoop, maar slegs tot 20:00 in die aand.

Die aandklokreël begin om 22:00 en duur tot 04:00.

Restaurante, tavernes en kroeë mag weer oop wees, maar moet om 21:00 sluit vir die werkers en gaste om betyds by die huis te kan wees.

Volgens Wendy Alberts, voorsitter van die Restaurantvereniging van Suid-Afrika (Rasa), is die vereniging dankbaar dat die regering en die kabinet die verwoesting wat die inperking in die bedryf gesaai het, erken het.

Sy sê hulle is dankbaar dat die bedryf sy deure kan heropen en dat die drankverbod opgehef is.

Die biergroep SAB het die hertoelating van drankverkope verwelkom.

Zoleka Lisa, onderpresident van korporatiewe sake van SAB, sê die maatskappy glo die heropening van die ekonomie en dat die land na vlak 3 skuif, is ’n belangrike stap vir ekonomiese herstel.

Sy sê ná die onlangse onluste en plundering kom die opheffing van die verbod op ’n goeie tydstip.

Volgens SAB is meer as 250 000 mense afhanklik van die waardeketting in die bierbedryf.

“Ons sien daarna uit om weer met die proses van werkskepping te begin. Ons moet nou fokus op ekonomiese herstel.”

Rico Basson, uitvoerende hoof van die wynprodusenteliggaam Vinpro, sê hoewel daar steeds perke op drankverkope is, is hulle verlig oor die nuwe regulasies.

Meer oor:  Wendy Alberts  |  Drankverbod  |  Drankbedryf  |  Covid-19  |  Kroeë  |  Drankverkope  |  Bierbedryf  |  Drank  |  Staat Van Inperking  |  Sjebiens  |  Bier  |  Koronavirus  |  Bierbrouerye  |  Vlak 3  |  Restaurante  |  Inperking
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.