Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Drankwinkels in vlak 3 op hierdie dae oop

Die finale regulasies vir vlak 3 gaan drankverkope van Maandae tot Donderdae van 9:00 tot 17:00 toelaat.

Dit is meer dae as wat die bedryf gedink het hulle gaan kry, maar steeds minder as waarvoor hulle gevra het.

Dit sal geld vir persele met ’n dranklisensie vir verbruik op (soos wat restaurante en kroeë het) én af van die perseel (soos drankwinkels het).

Dat kroeë, restaurante en sjebiens nou ook sal mag verkoop, is nuut. 

Albei tipes lisensiekategorieë sal net mag drank verkoop soos gereguleer deur die regulasies. Dit behels:

  • Die verkoop van drank by enige van die gelisensieerde persele of aanlyn van Maandae tot Donderdag van 09:00 tot 17:00.
  • Vervoer en verspreiding van drank na gelisensieerde persele sal van 29 Mei af toegelaat word. Riglyne hieroor gaan nog uitgereik word.
  • Die drink van drank op die perseel word verbied.
  • Die verkoop van drank op Vrydae, Saterdae, Sondae en vakansiedae word verbied.
  • Geen spesiale lisensies vir geleenthede gaan toegelaat word tydens die inperking nie.
  • Die verkoop van drank kan onderhewig wees aan riglyne wat ook nog uitgereik kan word.
Die gedeelte oor drankverkope in die nuwe regulasies vir vlak 3.
    Meer oor:  Cogta  |  Drankverkope  |  Regulasies  |  Vlak 3  |  Inperking  |  Drankverbod
    MyStem: Het jy meer op die hart?

    Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

    Ons kommentaarbeleid

    Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

    Stemme

    Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.