Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Droëbek bierbedryf hoop aanlyn verkope kom nog

Die bierbedryf het sy teleurstelling uitgespreek dat alkohol nie ook by die aanlyn verkope ingesluit is wat vanaf 14 Mei toegelaat word nie.

Foto ter illustrasie: Gallo Images/Getty Images
Talle lande laat aanlyn drankverkope toe. Foto: Getty Images

Die Biervereniging van Suid-Afrika (Basa) wat mikrobrouerye, Heineken en SAB insluit, sê dit is teleurstellend omdat aanlyn verkope ’n kontaklose afleweringstelsel is en ’n veilige manier om alkohol te verkoop.

“Ons hoop dit sal heroorweeg word as ’n opsie. Plekke soos Dubai het aanlyn verkope van alkohol toegelaat,” sê Patricia Pillay, uitvoerende hoof van Basa.

Basa is genader om kommentaar oor die aankondiging dat vlak 3 van inperkings moontlik binnekort in ’n groot deel van die land ingestel gaan word.

“Met die bedryf wat nie kon handel dryf sedert einde Maart nie, sal dit welkom wees, hoewel dit met beperkinge kom,” sê sy.

Volgens Pillay begryp hulle die beperkinge is in plek om die veiligheid van verbruikers en personeel te verseker, maar sy dink dat die handelsure wat onder vlak 3 voorgestel word te beperkend is en moontlik juis ’n gevaar kan inhou.

“Dit sal die onbedoelde gevolg hê van mense wat saamdrom by winkels en die reëls van sosiale distansiëring laat vaar.”

Volgens haar is dit in Indië gesien waar daar ’n oorweldigende toeloop was van mense op drankwinkels en ’n samedromming wanneer dit oop is en die polisie moes ingryp en winkels sluit om die skares te beheer.

“Om dit te vermy, het ons aan die regering voorgestel dat normale handelsure toegelaat word.”

Ook die vereniging het voorleggings gedoen en skakel met die regering daaroor.

“Ons is optimisties dat ons ’n oplossing sal kry om die poste te red wat in gevaar is as die vlak 4-inperking voortgaan.”

Meer oor:  Drank  |  Staat Van Inperking  |  Alkohol  |  Bier  |  Koronavirus  |  Vlak 3  |  Vlak 4  |  Inperking  |  Drankbedryf  |  Covid-19  |  Alkoholverbod
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.