Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Dubbele debietorders bring chaos by Standard

Talle kliënte van Standard Bank is paniekerig nadat die bank debietorders meer as een keer verhaal het.

Die bank het op Twitter verseker dat krediet- en debietkaarttransaksies wat meer as een keer verhaal is, omgekeer sal word.

“Ons werk dringend aan die probleem en alle transaksies wat geraak word, sal so gou as moontlik omgekeer word. Ons vra om verskoning vir die ongerief.”

In ’n tweede twiet het die bank verseker hy het al die kliënte en transaksies wat geraak word, geïdentifiseer en sal die transaksies teen Vrydag op die laatste omkeer.

Indien bankkoste gehef is, sal die ook teen Vrydag op die laatste teruggegee word.

Wanneer mense op Standard Bank se internetbankdiens of app aanmeld, kry hulle dieselfde boodskap.

Een leser het Netwerk24 in trane gekontak nadat vier debietorders twee keer afgetrek is, waardeur haar rekening leeggetap is. Sy wou vandag krag koop, maar moet nou wag totdat die transaksies omgekeer word.

Nog ’n leser het teen 13:00 aangedui dat van die foute reeds reggestel is, maar nie almal nie.

Die foutiewe aftrekkings het blykbaar oornag plaasgevind. Van die transaksies wat dubbeld afgetrek is, is al die naweek gedoen.

Nie alle Standard Bank-kliënte het die probleem ondervind nie.

Standard Bank belowe foute met kaarttransaksies sal gou omgekeer word. Foto: Reuters
Meer oor:  Standard Bank  |  Bankbedryf  |  Bank
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.