Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Dudu Myeni wil wéér hofproses vertraag

Dudu Myeni, voormalige voorsitter van die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL), wil appèl aanteken teen ’n hofbeslissing dat die Organisasie teen Belastingmisbruik (Outa) ’n aansoek mag bring om haar tot misdadige direkteur te laat verklaar.

Dudu Myeni, voormalige voorsitter van die SAL.

Regter Ronel Tolmay het in Desember in die hooggeregshof in Pretoria haar aansoek dat Outa nie die reg het om sy aansoek te bring nie van die hand gewys.

Tolmay het bevind dat Outa, as niewinsgewende organisasie die publiek verteenwoordig en alle reg het om ’n saak teen Myeni aanhangig te maak, juis omdat sy aan die stuur van ’n staatsonderneming was wat inherent deur die publiek as belastingbetalers gefinansier word.

Myeni se aansoek kom dae voordat die saak op 27 Januarie hervat word.

Myeni voer aan dat Tolmay gefouteer het deur eers haar twee ander aansoeke teen Outa aan te hoor en daarna die aansoek dat Outa nie die reg het om die aansoek te bring nie.

In die een aansoek wou Myeni haar pleit verander en in die ander aansoek wou sy hê dat almal wat gedurende haar ampstermyn direkteure van die SAL was by haar saak ingesluit word.

Tolmay het albei dié aansoeke ook van die hand gewys.

Myeni voer aan dat dit daartoe gelei het dat Outa effektiewelik sodoende die reg gegee is om die saak verder te voer.

Adv. Stephanie Fick, regsverteenwoordiger van Outa, sê Donderdag in ’n verklaring dié jongste aansoek is net ’n “flou poging” om die “ware verhoor oor haar onwettige optrede” te probeer keer.

“Ons vertrou dat die hof hierdie geringe afleiding sal behartig op ’n wyse wat nie toelaat dat die reg onnodig uitgestel word nie, aangesien hierdie saak sal voortgaan of Outa daar is of nie. Dudu vergeet klaarblyklik dat die SAL-vlieëniersvereniging (Saapa) ook ’n party in die saak is.”

Adv. Caroline Steynberg verteenwoordig sowel Outa as Saapa in die hof.

Outa het reeds in Maart 2017 sy aansoek gebring.

Myeni het egter óf nie by die hof opgedaag nie óf met aansoeke van haar eie gekom om die proses te probeer vertraag.

Benewens die appèlaansoek het Myeni Outa op 2 Desember verlede jaar gedagvaar weens ’n twiet op 3 Oktober, wat sy beweer lasterlik is.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.