Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Duisende Mercs in Europa herroep

Daimler, wat Mercedes-Benz motors vervaardig, moet 774 000 voertuie in Duitsland herroep.

Daimler word daarvan beskuldig dat hy onwettige toestelle wat uitlaatgasse meet in enjins gebruik, maar nié boetes daarvoor betaal nie.

’n C-Klas Mercedes-Benz. Foto: Bloomberg

Dieter Zetsche, uitvoerende hoof van Daimler en Andreas Scheuer, die Duitse minister van vervoer, het op 11 Junie vergader om dié kwessie te bespreek.

Scheuer het beveel die motors moet “onmiddellik weens onwettige afsluittoestelle” herroep word.

Daimler sal sagteware wat in Vito-bussies, die GLC sportnutsvoertuig en die C-klas sedan gebruik word bywerk.

Die maatskappy het herhaaldelik gesê hy is nie by enige kullery soos wat die geval by Volkswagen (VW) was met sy dieselenjins, betrokke nie.

“Ons sien geen bewyse dat Daimler opsetlik sagteware ontwikkel het om te kul wanneer dit by toetse van uitlaatgasse kom nie,” sê Arndt Ellinghorst, ontleder by Evercore ISI in Londen.

Hy reken dit gaan Daimler minder as €100 miljoen kos om die fout reg te stel.

“Boetes is nie ’n opsie nie met dié dat die voertuie herroep word.”

Hoewel dit ’n terugslag is vir die maatskappy wat deurgaans daarop aangedring het sy enjins skoon is, bespaar dit hom duur boetes sou hy hardeware moes vervang.

Die Duitse regering het die afgelope weke druk op Daimler geplaas weens die maatskappy se teleurstellende reaksie op kommer oor oormatige besoedeling deur sy dieselvoertuie.

VW wat erken het hy het beamptes met toetse gekul, gaan boetes van ongeveer €26 miljard moet betaal, terwyl Daimler deurgaans ontken hy enigiets verkeerd gedoen het.

Sagteware

Die Duitse koerant, Bild am Sonntag, berig Sondag die Duitse motorreguleerder KBA het vyf ongeoorloofde sagtewarefunksies in Daimler se Euro 6-dieselenjins gevind.

Die koerant berig sowat een miljoen voertuie in Duitsland gebruik dié sagteware.

Die KBA het Daimler in Mei beveel om wêreldwyd 4 923 Vito-bussies wat nie aan regulasies voldoen nie, te herroep.

Daimler het tóé gesê hy sal hof toe gaan indien nodig om dié bevel om te keer, en oorweeg dit steeds om teen die uitspraak te appelleer.

Die maatskappy het vrywillig verlede jaar sowat 3 000 000 000 voertuie in die Europese Unie herroep om net soos VW en BMW sagteware wat prestasie met betrekking tot uitlaatgasse verbeter, by te werk.

– Bloomberg, verwerk

Meer oor:  Mercedes-Benz  |  Vw  |  Daimler  |  Bmw  |  Dieter Zetsche  |  Herroep  |  Motors  |  Uitlaatgasse
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.