Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Dunkin’ Donuts laat GPI-syfers bloei

Die probleme by Dunkin’ Donuts en Baskin-Robbins het Grand Parade Investments (GPI) laat bloei in die ses maande tot einde Desember.

Versierde oliebolle by Dunkin’ Donuts-tak in N1 City-winkelsentrum in Goodwood. Die oliebol-winkels is einde Februarie gelikwideer.

Die groep, wat ook die meesterlisensie vir Burger King in Suid-Afrika hou, het Woensdagoggend in ’n Sens-verklaring die skaal van die krisis aangedui. Sy verdienste per aandeel vir die eerste helfte van sy boekjaar gaan met tussen 372% en 392% tuimel vergeleke met dieselfde halfjaar van 2017.

GPI het intussen besluit om Dunkin’ Donuts en Baskin-Robbins te likwideer en die laaste oliebol- en roomyswinkels het einde Februarie hul deure gesluit.

As die syfers aangepas word om net te fokus op ondernemings wat voortgesit word, lyk die syfers darem positief, met ’n verwagte styging van tussen 10,4% en 30,4% in die verdienste per aandeel.

Die groep se wesensverdienste per aandeel, wat nie die impak van die waardevermindering van Dunkin’ Donuts en Baskin-Robbins insluit nie, het wel in die halfjaar gestyg. Die styging gaan êrens tussen 7,2% en 27,2% beloop.

GPI maak op 18 Maart sy halfjaarsyfers bekend. Maatskappye moet aandui as hul wins met meer as 20% gaan styg of daal sodra hulle bewus word daarvan.

GPI is die afgelope ruk konstant in die nuus omdat ’n groep batebestuurders wat nagenoeg 12% van die groep namens hul kliënte besit, kommer uitgespreek het oor die besluite wat die groep neem.

Daar was ook vrae oor korporatiewe beheer en die onafhanklikheid van die direksie, waarvan die meeste direkteure al dekades lank dien. Pogings om van dié direkteure uit te stem, het op ’n spesiale aandeelhouersvergadering in Desember misluk, maar twee nuwe nie-uitvoerende direkteure is wel tot die direksie verkies: Mark Bowman, ’n vorige topbestuurder by die bierreus SABMiller, en Ronel van Dijk, vorige finansiële hoof van die restaurantgroep Spur Corporation.

GPI is ’n swartbemagtigingsfirma was sy tande in die dobbelbedryf geslyp het.

Ondanks die polemiek het GPI se aandeelprys in Desember sy hoogste vlak in ’n jaar van R3,69 behaal. Dit het Dinsdag op R2,65 gesluit.

Meer oor:  Dunkin' Donuts  |  Burger King  |  Grand Parade Investments  |  Gpi  |  Baskin-Robbins  |  Restaurante  |  Dobbelbedryf  |  Kitskos  |  Dobbel
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.