Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Durbaniete gaan help in Kaapse hawe

Twintig van Transnet se werknemers van die Durbanse houerkaai het ingestem om met die opeenhopings in die Kaapse hawe se houer-en-veeldoelkaai te help.

’n Vragskip word by die Durbanse hawe gelaai met suurlemoene en pomelo’s wat na Japan en China uitgevoer word.

Velile Dube, waarnemende bedryfshoof van Transnet Port Terminals, het Dinsdag gesê die 20 ekstra werkers in die Kaapse hawe is operateurs van skip-tot-kaai-houerkrane, rubberwiel-bokkrane en van voertuie wat in die hawe vraghouers vervoer.

Hulle het saam meer as 100 jaar se werkervaring en sal help om die beweging van vrag in die hawe te verbeter omdat dit weens personeelafwesigheid en die Covid-19-inperkings toenemend agterstande ervaar.

Volgens Dube werk die houerkaai in Kaapstad tans teen 60% van sy vermoë en die veeldoelkaai teen 75%. Die mariene bedrywighede – wat bestaan uit die loodse wat vragskepe die hawe moet inbring of die gids- en sleepbote wat mariene dienste lewer – werk egter met net 60% van die normale personeelgetalle.

Ondanks die uitdagings kon die skepe wat buite die hawe wag van 11 tot 5 verminder word, en die skofspanne vir die hantering van vrag kon van vier tot vyf verhoog word, sê Dube.

Freight & Trade Weekly berig egter dat die sitrusbedryf weens die opeenhopings nou uitvoersitrus wat in vraghouers verpak word, padlangs vervoer na Port Elizabeth en Ngqura se hawens eerder as om dit via Kaapstad uit te voer.

Sitrus wat in grootmaat versend word, gaan wel steeds voort, hoewel met vertragings, het Mitchell Brooke, logistieke ontwikkelingsbestuurder van die Sitruskwekersvereniging, aan Freight & Trade Weekly gesê.

Daar blyk nie tans vertragings in die ander groot vraghawens – Durban, Port Elizabeth en Ngqura – te wees nie.

Meer oor:  Transnet  |  Kaapse Hawe  |  Invoer  |  Covid-19  |  Uitvoer  |  Skepe  |  Hawens  |  Vlak 3  |  Infrastruktuur  |  Inperking  |  Staat Van Inperking  |  Koronavirus
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.