Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Duur vlugte in Desember dalk jou voorland

FlySafair het Dinsdag ’n ongewone ding gedoen: Hy het by sy mededingers gepleit om hul vliegtuie in die lug te kry om te voorkom dat vliegkaartjiepryse skerp styg.

FlySafair hervat sy laaste uitstaande vlugte in November.

Kirby Gordon, bemarkingshoof, sê die vraag na plaaslike vlugte is vinnig besig om toe te neem.

Slegs Mango, Airlink en CemAir ding tans teen FlySafair in die plaaslike lugruim mee en ook net met beperkte vlugte.

Kulula hervat eers in Desember sy vlugte. Dié lugdiens word besit deur Comair, wat in sakeredding is en in September aangekondig het dat ’n konsortium beleggers, bestaande uit voormalige Comair-direkteure en bestuurslui, 99% van die maatskappy vir R500 miljoen gaan koop.

Die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) is ook in sakeredding. Die sakeredders sit nou al maande op hete kole om te hoor wanneer die staat die beloofde nagenoeg R10,4 miljard, wat nodig is om sy sakereddingsplan uit te voer, gaan verskaf. Daarsonder sal die SAL se vlugte nie weer kan opstyg nie.

Tito Mboweni, minister van finansies, gaan dalk Woensdag in sy mediumtermynbegrotingsraamwerk antwoorde hierop gee.

SA Express se likwidasie is onlangs op die nippertjie afgeweer, maar die lugdiens gee nog geen aanduiding wanneer die vlugte hervat gaan word nie.

FlySafair gaan vanaf November opskaal tot sy volle bedryfsvermoë.

“Hoewel dit goeie nuus vir ons is, is die probleem dat ons ’n perk bereik het waar die vraag na vlugte meer is as die aantal vlugte, wat die pryse sal laat styg tensy van ons mededingers weer toetree.”

Voor die staat van inperking weens die Covid-19-pandemie het FlySafair nagenoeg 24% van die aantal sitplekke op plaaslike vlugte gehad. Dis nou nagenoeg 76%.

FlySafair het reeds op 15 Junie vlugte begin aanbied en het vlugte geleidelik vermeerder soos wat die vraag gestyg het.

Gordon sê ondanks die vrese oor ’n moontlike tweede vlaag van Covid-19-infeksies en selfs gerugte dat strenger inperkingsregulasies ingestel kan word, is daar ’n opgehoopte vraag na reis. Hotelgroepe begin ook aandui dat besprekings vir verblyf in Desember aan die toeneem is. Dit is ’n hupstoot wat die toerismebedryf – wat teen die grond was weens die langdurige beperkings op reis vir ontspanning – dringend benodig.

“Die probleem is dat die vlugte duur gaan wees tensy ons binnekort meer kapasiteit in die mark kry. Gesonde mededinging maak vlieg bekostigbaarder en stimuleer ook die vraag as mense keuses het.”

Meer oor:  Mango  |  Suid-Afrikaanse Lugdiens  |  Sa Express  |  Kulula  |  Flysafair  |  Comair  |  Inperking  |  Vlugte  |  Covid-19  |  Koronavirus  |  Staatsondernemings  |  Staat Van Inperking  |  Lugdienste
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.