Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Duurder brood, meel en rys help Pioneer
Verkope van Pioneer se mieliemeel, White Star, het gedaal, al het pryse net effens gestyg. Foto: Brendan Croft

Die styging in die prys van brood, meel en rys is dalk slegte nuus vir verbruikers, maar dit help Pioneer Foods, wat onder meer Sasko-brood en Weet-Bix vervaardig.

Die voedselgroep, wat ook ProNutro, Marmite, Bovril, Peck’s Anchovette en Ceres-vrugtesap onder sy lang lys produkte tel, sê sy omset het in die vier maande tot einde Januarie met 7,8% gestyg.

Dit sluit die bydrae uit van Lizi’s, ’n vervaardiger van granola, en die droëvrugtegroep Wellington’s, twee maatskappye wat Pioneer verlede jaar bekom het en waarvoor daar nog nie vergelykbare syfers is nie.

Benewens die stygings in die prys van graanprodukte sê Pioneer die prys van uitvoervrugte het ook gestyg.

Die groep se volume verkope het met slegs 2% gestyg (weer sonder Lizi’s en Wellington’s), wat beteken Pioneer het ’n stewige gemiddelde prysstyging van 5,8% op sy produkte behaal.

Pioneer sê daar was ’n stewige styging in die verkope van brood en koringmeel.

Verkope van Pioneer se mieliemeel, White Star, het gedaal, al het pryse net effens gestyg.

Pioneer kla dat goedkoop ingevoerde pasta sy pastaverkope knou.

Verkope van langlewe-vrugtesap het goed gevaar, maar verkope van ontbytgraan was onveranderd.

Ondanks die onsekerheid oor Brexit sê Pioneer sy Britse afdeling het goed gevaar.

Pioneer waarsku dat verbruikers onder druk bly en dat die prys van sy bestanddele aan die styg is. Dit sal sy winsgrense beïnvloed.

Die groep se aandeelprys het Vrydag teen die middel van die oggend met 1,84% tot R81,25 gestyg.

Meer oor:  Pioneer Foods  |  Resultate  |  Maatskappye
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.