Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Duurste Curro-skole verloor leerlinge

Curro se nege duurste kampusse het oor die afgelope drie jaar 964 leerlinge verloor.

Die Curro-skoolgroep se 9 duurste skole het die afgelope jaar byna 1000 leerlinge verloor.Foto: Verskaf

Die maatskappy skryf die daling toe aan die swak ekonomie, emigrasie en die toetrede van mededingers in dié skole se voedingsgebiede.

Die privateskolegroep het verlede jaar aangekondig hy gaan die skoolgeld in sekere skole verlaag of nie verhoog nie omdat hulle nie meer groei nie.

Die nege kampusse loop weliswaar nie leeg nie en het die nuwe jaar met 15 150 leerlinge begin.

Die maatskappy het boonop sy voorsiening vir swak skuld meer as verdubbel – van 0,8% tot 1,6% van sy inkomste – en doen sy bes om afbetalingsplanne te beding met agterstallige ouers eerder as om nog leerlinge te verloor.

In geheel – oor al sy kampusse – het Curro 12% meer leerlinge gehad vir ’n totaal van 57 597. Dié groei is traer as waarop die groep gehoop het.

Die groep het 2019 met 12 nuwe kampusse en 27 nuwe skole méér afgesluit, en het in Januarie 2020 nóg ses kampusse met nóg nege skole geopen. Daar is nou 76 kampusse en 175 skole in die Curro-stal.

Curro in syfers:
  • Inkomste styg met 18% tot R2,9 miljard
  • Verdienste voor rente, belasting, waardevermindering en afskrywings (ebitda) styg met 11% tot R693 miljoen
  • Wesensverdienste per aandeel daal met 15% tot 51c
  • Die groep het vir die tweede jaar ’n dividend uitgekeer, van 10,2c per aandeel

Die styging in leerlinge in geheel het die groep se inkomste met 18% tot R2,9 miljard laat styg.

Die groep se herhalende wesensverdienste en wesensverdienste per aandeel, sy gekose maatstaf van bedryfswins, het egter met 15% tot R212 miljoen en tot 51c per aandeel gedaal.

Die redes hiervoor is deels sy strategie om leerlinge te behou.

Daarby het Curro heelwat nuwe hoërskole geopen waarvoor hy onderwysers moes aanstel wat die leerling-onderwyser-verhouding, en dus sy wins, laat daal het. “Dit sal verbeter soos leerlinge tot gr. 12 vorder.”

Curro mik na tussen 25 en 35 leerlinge per onderwyser in sy hoërskole.

Andries Greyling, uitvoerende hoof, sê die groei in leerlinge en die groep se kontant is behaal in wat bes moontlik die “uitdagendste tye tot nog toe” was.

“Deur op ons doeltreffendhede te fokus, sal die okkupasie van bestaande skole se vermoë en die verlaging van kapitaalinvestering ons winsgewendheid in die toekoms laat styg.”

Curro beplan om vanjaar R1 miljard te belê in groei en ontwikkeling.

Greyling sê die vraag na gehalte-onderrig duur voort.

Meer oor:  Curro  |  Private Skole
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.