Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
E-tol kan Sanral se wiele laat ophou rol
Verskeie betogings is al gehou om mense wat die Gautengse e-tol-paaie gebruik aan te moedig om nie te betaal nie. Foto: Rapport

As die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap (Sanral) nie dringend plan maak om geld uit sy e-tol-projek in Gauteng te maak nie, kan dit sy volhoubaarheid bedreig.

Dit is die waarskuwing van die ouditeur-generaal (OG) in die voorwoord tot Sanral se jaarverslag tot einde Maart.

“Ek vestig die aandag op nota 45 van die finansiële state. Dit wys die eenheid se volhoubaarheid wat betref kontantvereistes vir die volgende 12 maande gaan afhang van hoe suksesvol hy meer finansiering deur middel van skuldbriewe en veilings kan verkry.

“Die direksie het die aandeelhouer gevra om die impak van swak insameling op die Gautengse snelwegverbeteringsprojek (e-tol) met die kabinet te bespreek om Sanral se volhoubaarheid te verseker,” lui die voorwoord.

Sanral se status as lopende saak is volgens die OG in die gedrang.

Sanral sê die e-tol-projek het tot ’n waardevermindering van R3,75 miljard gelei. Die grootste rede hiervoor is die R3,61 miljard tolgeld wat hy nie gedurende die jaar ingesamel het nie.

In die algemeen het Sanral ’n verlies ná finansieringskoste van R4,96 miljard vir die jaar gelei.

Sy totale inkomste vir die jaar was R13,95 miljard. Bedrywighede wat tolpaaie uitsluit, het R8,7 miljard verdien.

Dit is ’n 31,8%-toename teenoor die vorige jaar.

Inkomste uit tolpaaie – wat e-tol in Gauteng uitsluit – was 7,6% hoër op R5,4 miljard.

Onreëlmatige uitgawes omdat daar nie aan verkrygingsprosedures voldoen is nie, beloop R424,9 miljoen.

Skhumbuzo Macozoma, uitvoerende hoof van Sanral, sê in sy gesamentlike voorwoord met Nazir Alli hulle stem nie met die ouditeur-generaal saam dat daar ’n risiko is dat hy nie as lopende saak kan voortgaan met bedrywighede nie.

Macozoma het Alli gedurende die boekjaar op 1 Desember as uitvoerende hoof van Sanral opgevolg. Alli het einde September 2016 by Sanral afgetree, wat beteken die eerste helfte van die boekjaar is nog aan hom toeskryfbaar.

Hulle wys ook daarop die maatskappy mag volgens wet nie onder geregtelike bestuur of in likwidasie geplaas word nie.

Plan met tolgeld

Sanral sê hy het verskeie planne om mense wat die e-tol-stelsel gebruik te oorreed om uitstaande gelde te betaal.

Een van die planne was om 60%-afslag vir uitstaande tolgeld te gee.

Dié aanbod het op 12 Mei 2016 tot ’n einde gekom.

Sanral sê hy gaan mense wat nie betaal nie nou hof toe neem.

Regstelling: In ’n vorige weergawe van die berig is nog na Alli as uitvoerende hoof verwys.

Meer oor:  Sanral  |  Ouditeur-Generaal  |  Staatsondernemings  |  E-Tol
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.