Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
E-tol, Prasa se nuwe ‘redder’ oplaas aangewys
Fikile Mbalula, minister van vervoer. Foto: Argief

Alec Moemi is pas as die nuwe direkteur-generaal (DG) van die departement van vervoer aangewys.

Dié pos was twee jaar lank vakant.

Fikile Mbalula, minister van vervoer, het Moemi se aanstelling Woensdag in ’n inligtingsessie in die parlement bekend gemaak.

Die vervoerdepartement is reeds sedert Mei 2016 sonder ’n DG nadat Godfrey Selepe afgedank is.

Moemi, wat op 1 Augustus in sy nuwe pos begin, was voorheen die DG van sport en vermaak.

Van sy take sal insluit om sleutelposte by die departement so spoedig as moontlik te vul. Die departement het tans meer as 21 senior poste wat vakant is, insluitend verskeie kritieke poste wat dringend gevul moet word.

Moemi sal ook direksielede en amptenare by verskeie instellings moet aanwys wat onder die departement se portefeulje val.

Afgesien daarvan sal Moemi moet help om die uitdagings by Prasa en met e-tol op te los.

Mbalula en David Makhura, Gauteng se premier, is onlangs deur die kabinet gelas om voor die einde van aanstaande maand met ’n oplossing vir die provinsie se “probleem” met e-tol vorendag te kom.

Moemi sal ook moet help om ’n omkeerplan by Prasa in werking te stel.

“Dit is ’n enorme taak en dit word nie ligtelik opgeneem nie,” sê Moemi oor sy verantwoordelikhede.

“Ons is bewus van die mandaat en die prioriteite wat die minister (Mbalula) vir ons gegee het.”

Mbalula sê hy is vol vertroue dat Moemi hom suksesvol van sy taak sal kwyt.

“Ons sal die spertyd van einde Augustus haal en met ’n haalbare oplossing vorendag kom om die uitdagings rakende e-tol te takel.” Fin24, verwerk

Meer oor:  Prasa  |  Vervoer  |  E-Tol  |  Staatsondernemings  |  Direkteur-Generaal
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.