Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Edcon se reddingsplan kry groen lig
Krediteure van Edcon het die sakereddingsplan goedgekeur vir dié kleinhandelaar. Foto: Bloomberg

Edcon se krediteure het die sakereddingsplan vir dié kleinhandelaar Maandagaand goedgekeur.

Die sakeredders het die uitslag laatnag Maandagaand in 'n verklaring bevestig.

Dit volg na twee skuldeisers van Edcon se dringende aansoek misluk het om ’n vergadering te keer wat Maandag sou plaasvind om die maatskappy se sakereddingsplan goed te keur.

Kingsgate Clothing en Clematis Trading, wat gesamentlik R42 miljoen eis, het die aansoek ingedien, maar dit is weens ’n gebrek aan dringendheid van die hofrol geskrap.

Edcon is in April in vrywillige sakeredding geplaas.

Die sakereddingspraktisyns, Piers Marsden en Lance Schapiro, het op 8 Junie die sakereddingsplan gepubliseer.

LEES OOK: 15 kopers stel in Edgars, Jet belang

Kingsgate en Clematis wou verlof vra om ’n aansoek in te dien om die sakereddingsplan, wat op 8 Junie uitgereik is, tersyde te stel, Marsden en Schapiro te verwyder of Edcon te laat likwideer.

Edcon skuld Kingsgate en sy verwante maatskappye R24 miljoen, sê Yusuf Ahmed Sadek Vahed, uitvoerende hoof van die maatskappy, in sy funderende eedsverklaring.

Volgens Vahed is die Kingsgate-groep een van die grootste klerevervaardigers in die land. Dis ’n familieonderneming wat al sedert 1955 bestaan.

Clematis word R18,5 miljoen geskuld, sê Arthur Limbouris, uitvoerende hoof.

Vahed het verwys na drie vergaderings wat reeds met ondergeskikte krediteure plaasgevind het. Van die eerste vergadering op 18 Mei totdat die sakereddingsplan op 8 Junie gepubliseer is, het die bestuur van Edcon glo aan Limbouris gesê ’n dividend van 50c van elke rand kan verwag word as die plan aanvaar word.

“Toe die ondergeskikte krediteure die sakeplan sien, was hulle geskok dat ’n dividend van 4c van elke rand wat aan hulle geskuld word, verwag kan word.”

Volgens Vahed beoog Marsden en Schapiro nie om Edcon te red nie. “Hulle het tot die gevolgtrekking gekom dat hy nie gered kan word nie en dat die beste opsie is om die hele maatskappy te verkoop, of een of meer van sy afdelings (Jet en Edgars).”

Volgens hom is sakeredders veronderstel om ’n bona fide-poging aan te wend om ’n maatskappy te red en nie net met ’n proses te begin wat tot die einde van die maatskappy lei as die eerste uitweg nie.

Meer oor:  Edcon  |  Edgars
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.