Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Edgars gaan in sakeredding geplaas word

Die moedermaatskappy van Edgars gaan om sakeredding aansoek doen nadat die inperking vir Covid-19 die maatskappy finaal op sy knieë gedwing het.

Edcon wat Edgars besit is al twee keer voorheen gered.

Edcon se uitvoerende hoof, Grant Pattison, het die verskaffers en aandeelhouers reeds einde Maart in trane ingelig oor die groep se finansiële verknorsing en dat die kanse goed is dat hy nie sy deure in Mei ná die staat van inperking gaan oopmaak nie.

Netwerk24 het Woensdagoggend van ’n verskaffer in die klerebedryf verneem dat ’n bank hom ingelig het dat Edcon om sakeredding aansoek gedoen het.

Edcon het die stap in ’n verklaring bevestig. Die berig sal aangepas word sodra meer inligting verkry word.

Volgens Grant Pattison, uitvoerende hoof, is besluit op 'n sakeredding sodat die groep langer tyd kry om geld in te samel om sy krediteure te betaal. 

Winkels open 1 Mei

Die winkels sal 1 Mei open soos onder fase 4 van die staat van inperking toegelaat word, maar dit sal onder 'n sakeredding gedoen word. 

LEES OOK: Edcon-baas in trane oor geld opdroog

Netwerk24 het berig die Edcon-groep het aangekondig dat sy omset in die weke voor die begin van die inperking met 45% geval het en dat hy salarisse nog net vir ’n maand kan betaal, maar nie die verskaffers nie.

Die groep is reeds verlede jaar gered met geld van die Werkloosheidsversekeringsfonds (WVF) nadat hy reeds voorheen deur sy finansierders gered moes word.

Sy verknorsing het begin nadat hy in 2006 gedenoteer is toe die aandeelhouers deur ’n Amerikaanse beleggingsgroep uitgekoop is. Dié transaksie was met skuld gefinansier en Edcon moes so baie skuld terugbetaal dat hy sy kontant opgevreet het wat nodig was om die groep aan die gang te hou.

Meer oor:  Edcon  |  Jet  |  Edgars  |  Kleinhandelverkope  |  Kleinhandel  |  Sakeredding  |  Klere  |  Klerekleinhandel  |  Winkels  |  Klerewinkels
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.