Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Edgars kan salarisse, maar nie verskaffers betaal

Die Edcon-groep wat reeds sukkel om kop bo water te hou, het aangekondig sy omset het 45% geval in die afgelope twee weke sedert mense die eerste keer gevra is om by hul huise te bly.

Grant Pattison, uitvoerende hoof van Edcon. Foto: William Horne

Die Edcon-groep besit Edgars en Jet.

Die verkope van die groep gaan in Maart R400 miljoen onder die begroting wees.

Die maatskappy kan weens die daling in omset en die daling wat verwag word van klante wat rekeninge moet betaal, vandeesmaand net salarisse betaal.

Fin24 het berig Grant Pattison, uitvoerende hoof, was in trane toe hy Donderdag verskaffers daaroor moes inlig.

Edcon sal geen rekeninge kan betaal in die tydperk nie, lui die verklaring.

Die inperking van 21 dae gaan na raming meebring dat Edcon R800 miljoen in omset verloor.

Einde April gaan hy met ’n wesenlike tekort aan kontant sit.

“Ons bevind ons in ongekende waters en in ’n tyd van groot onsekerheid,” sê Pattison.

Hy meen wat Edcon ervaar, is ’n vroeë aanwyser van wat sowel die regering as baie ander ondernemings gaan beleef ná die inperking.

“Ons omkeer wat Februarie 2019 begin het, was ’n moeilike pad. Die omkeerstrategie het reeds talle winde van voor gehad.”

Pattison sê Maart is een van die maande wat tradisioneel ’n kontantvloei-kopseer vir Edcon bring. “Die inperking kon nie op ’n slegter tyd kom nie.”

Tans fokus die maatskappy op die inperking. Sodra dit gedoen is, sal die fokus geplaas word op die sakeplan wanneer die inperking eindig.

“Ons werk met die regering en ander belangegroepe om te verstaan watter hulp ons kan kry.”

Edcon het reeds verlede jaar geld van die Werkloosheidsversekeringsfonds (WVF) gekry om hom aan die gang te hou.

“Ons kan nie tans meer inligting verskaf nie, maar sal almal ingelig hou sodra ons kan.”

Hy het beloof hulle gee nog nie op nie.

Meer oor:  Jet  |  Edcon  |  Edgars  |  Grant Pattison  |  Covid-19  |  Salarisse  |  Klerewinkel  |  Staat Van Inperking  |  Kleinhandel
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.