Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Eienaar van Wimpy, Steers trek swaar
Famous Brands sê hy trek swaar weens die druk op verbruikers.

’n Wimpy-ontbyt of Steers-burger het in die afgelope halfjaar ’n luukse geword waaraan Suid-Afrikaanse verbruikers langtand weglê.

Famous Brands, wat onder meer Steers, Wimpy, Debonairs Pizza en Mugg & Bean besit, sê in die eerste vyf maande van sy boekjaar (van Maart tot Julie vanjaar) het verkope by sy Suid-Afrikaanse restaurante met 7% gestyg vergeleke met dieselfde tydperk in 2016.

Verkope vir restaurante wat ook in 2016 oop was, het met net 1,8% gestyg. Verkope sluit prysstygings in.

Die groep het 52 nuwe restaurante in die halfjaar in Suid-Afrika oopgemaak. Hy het nou altesame 2 801 restaurante wêreldwyd.

Die maatskappy het nog nie besonderhede van die afsonderlike restaurante bekend gemaak nie.

Die maatskappy sê die syfers is swakker as waarop die direksie gehoop het. Dit word toegeskryf aan die ekonomiese druk op verbruikers, asook baie lae vlakke van verbruikersvertroue.

Spur Corporation, wat onder meer Spur, RocoMamas en The Hussar Grill besit, het onlangs bekend gemaak dat sy verkope in Suid-Afrika selfs swakker gevaar het vir die boekjaar tot einde Junie. Dit is net 4,4% hoër. Verkope by Spur self het met 2,1% gedaal.

Die eerste helfte van Famous Brands se boekjaar eindig eers op 31 Augustus, maar die maatskappy het ’n vrywillige verklaring op die JSE se nuusdiens, Sens, uitgereik.

Die groep se wêreldwye verkope het met 6,3% gestyg. In randwaarde het verkope in die streek Afrika en die Midde-Ooste met 0,2% gedaal, deels omdat die rand sterker was as ’n jaar gelede.

Famous Brands het in September verlede jaar die Britse restaurantgroep Gourmet Burger Kitchen (GBK) aangeskaf – die grootste verkryging in die groep se geskiedenis teen ’n prys van £120 miljoen.

Famous Brands besit die meeste GBK-takke self, wat ietwat van sy franchisemodel afwyk.

GBK, wat luukse burgers bedien, het 95 restaurante in Brittanje en Ierland.

Verkope het met 12,1% gestyg in die 22 weke tot einde Augustus, maar met net 2,6% by restaurante wat die vorige jaar ook oop was. Dié stygings is in pond.

Dit kos Famous Brands nagenoeg £1 miljoen om ’n nuwe GBK-tak oop te maak. Gegewe die swakker ekonomie in Brittanje het die groep besluit om eerder stadiger uit te brei.

Famous Brands sê Britte se verbruikersvertroue het gedaal, grootliks weens die politieke onsekerheid rakende die Brexit-onderhandelinge en onlangse terreuraanvalle. Mededinging is ook straf, sê Famous Brands, en verskeie ander kosondernemings het onlangs hul deure gesluit.

Famous Brands se halfjaarsyfers sal op 30 Oktober uitgereik word.

Meer oor:  Steers  |  Debonairs  |  Wimpy  |  Famous Brands  |  Restaurante  |  Kitskos
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.