Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Eina vir Sasol op JSE ná brand in Amerika

Sasol se aandeelprys het Dinsdag met 4% geval ná ’n ongeluk by sy chemiese aanleg by Lake Charles in Louisiana, Amerika.

Sasol se chemiese aanleg in Lake Charles, Louisiana, in Amerika. Foto: SASOL

Die ontploffing en brand Maandagmiddag Amerikaanse tyd by sy laedigtheid-poliëtileeneenheid (LDPE) gaan die voltooiing van die aanleg vertraag, het Sasol in ’n aankondiging op Sens, die JSE se nuusdiens, laat weet.

Dit blyk niemand is beseer nie. Die brand is geblus en alle werknemers en kontrakteurs is veilig, volgens Sasol.

Die ongeluk raak egter Sasol se planne om die nuwe chemiese aanleg betyds te voltooi. Die LDPE-eenheid was in die finale fases om in kommersiële produksie geplaas te word, maar is nou gesluit en ’n ondersoek word gedoen om vas te stel wat die ontploffing veroorsaak het, hoe erg die skade is en wat die impak is op die tydskaal om die aanleg in bedryf te stel.

Volgens Sasol is al die ander eenhede by die Lake Charles-aanleg, soos die etaankraker, nie geraak deur die voorval nie.

Daar is nog drie produksie-eenhede wat in aanbou is, wat ook nie geraak is deur die ontploffing by die LDPE-eenheid nie. LDPE is een van die basiese boustene vir plastiekprodukte soos plastieksakke, kleefplastiek, weggooibare koppies, houerdeksels of sekere speelgoed.

Teen Dinsdag laatmiddag was Sasol se aandeelprys 4% laer op R296,11. Sy beste vlak oor die afgelope 12 maande was R489,50, volgens Bloomberg-data.

Meer oor:  Sasol  |  Lake Charles  |  Brandstof  |  Chemikalieë
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.