Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
‘Ek is onskuldig, lief vir Nissan’ – Carlos Ghosn

Carlos Ghosn, voormalige voorsitter van Nissan, hou vol hy is onskuldig.

Carlos Ghosn, geskorste grootbaas van Nissan en Renault, voor sy inhegtenisneming by ’n Nissan-konsepmodel. Foto: AP

Ghosn het Dinsdag sy eerste hofverskyning gehad sedert hy byna twee maande gelede in Japan weens beweerde finansiële oortredings in hegtenis geneem is.

“Ek is verkeerdelik aangekla en onbillik aangehou gegrond op waardelose en onbewese bewerings,” het hy in ’n hof in Tokio gesê terwyl sy hande geboei was en met ’n tou om sy middel.

Ghosn se regspan het later gesê hulle wil appèl aanteken teen sy aanhouding.

Ghosn het maerder voorgekom, met hol wange, en het ’n donker pak gedra. Daar is net 14 openbare sitplekke in die hofsaal vir lede van die publiek. ’n Lotery wat sitplekke uitgereik het, was oorvolskryf – meer as 1 122 kaartjies is gewen.

Hy het sy verweer teen die aanklagte teen hom in besonderhede uitgestippel. Dit sluit in dat hy nie sy volle inkomste verklaar het nie en persoonlike verliese in termynkontrakte aan die motorvervaardiger oorgedra het.

Hy het aan die hof gesê hy het géén vergoeding van Nissan gekry wat nie openbaar gemaak is nie.

“Ek het eerbaar, wettig, en met die medewete en goedkeuring van die toepaslike uitvoerende bestuurslede in die maatskappy opgetree. U Edele, ek is onskuldig aan die beweringe wat teen my gemaak word.”

Ghosn het ook gesê hoe lojaal hy aan Nissan is. Hy het verwys na sy “opregte liefde en waardering” vir die maatskappy. Hy het gesê vier maatskappye het hom probeer werf terwyl hy nog uitvoerende hoof van Nissan was – onder meer Ford en General Motors.

“Hoewel hul aanbiedinge baie aanloklik was, kon ek Nissan nie met ’n skoon gewete verlaat terwyl hy midde-in ’n ommekeer was nie.”

Intussen het ’n Saoedi-Arabiese vennoot van Nissan gesê ’n betaling van $14,7 miljoen aan dié firma oor vier jaar was vir “legitieme sakedoelwitte”. Die betaling is deel van die klagstaat teen Ghosn.

Die beweringe teen Ghosn het die wêreld se grootste motorvennootskap – tussen Nissan en Mitsubishi van Japan en die Franse Renault – geskud en vrae bestaan nou of die vennootskap gaan oorleef.

Ghosn het bekend gestaan het as die persoon wat Nissan van ondergang gered het. – Bloomberg, verwerk

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.