Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Eloff moet tevrede wees met minder as miljoen
Dr. Theuns Eloff

Dr. Theuns Eloff, nie-uitvoerende voorsitter van die genoteerde pluimveegroep Astral, sou kon doen met meer as ’n miljoen, maar hy moet nou tevrede wees met R951 000 vir sy dienste vir die jaar.

Eloff, ook uitvoerende direkteur van die FW de Klerk-stigting en ’n voormalige visekanselier van die Noordwes-Universiteit, se jaarlikse vergoeding is Donderdag uiteindelik op ’n algemene vergadering van Astral goedgekeur nadat daar op twee vorige vergaderings nie genoeg stemme ten gunste van sy besoldiging was nie.

Donderdag het 99,8% van die aandeelhouers ten gunste van die spesiale resolusie vir sy betaling gestem.

Volgens ’n Sens-verklaring het die houers van sowat 64% van die 42,8 miljoen uitgereikte aandele gestem.

Op Astral se algemene jaarvergadering op 8 Februarie het net 73% van die beleggers Eloff se voorgestelde vergoeding gesteun. Minstens 75% moes ten gunste van die resolusie stem om dit deur te voer. Sy vergoeding is verlaag tot R1,1 miljoen, soos in 2017, en weer op 19 April vir stemming voorgelê.

Net 53,1% van die beleggers wat hul stemreg uitgeoefen het, het toe ten gunste daarvan gestem.

Die vergoedingsbedrag is weer verlaag, dié keer tot R951 000, wat aandeelhouers Donderdag wel goedgekeur het, sê Astral.

Diederik Fouché, ’n onafhanklike nie-uitvoerende direkteur van Astral, het vroeër aan Rapport gesê buitelandse beleggers was vermoedelik voorheen verward oor of die vergoeding ’n allesinsluitende bedrag is en het dit daarom afgekeur.

Die R951 000 behels:Jaarlikse vergoeding vir nie-uitvoerende lidmaatskap van die direksie van R315 000;

  •  Jaarlikse vergoeding vir nie-uitvoerende lidmaatskap van die mensehulpbronne-, vergoeding- en benoemingskomitee van R96 000;
  • Jaarlikse vergoeding vir nie-uitvoerende lidmaatskap van die maatskaplike en etiese komitee van R90 000; en
  • Bykomende vergoeding vir sy pligte as onafhanklike nie-uitvoerende voorsitter van R450 000 (R133 000 vir die bywoning van die oudit- en
  • risikobestuurskomiteevergaderings en R317 000 vir pligte en verantwoordelikhede as voorsitter van die direksie).
Meer oor:  Astral  |  Theuns Eloff  |  Direkteursvergoeding  |  Maatskappye
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.