Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Emirates hervat vlugte na en van SA
Emirates hervat van 1 Oktober vlugte na en van Suid-Afrika.

Geskeduleerde vlugte op Emirates tussen Kaapstad, Johannesburg en Dubai word van 1 Oktober hervat, het die lugdiens aangekondig.

Vlugte na en van Durban hervat op 4 Oktober.

Internasionale reis in en uit Suid-Afrika, vir sowel sake as ontspanning, word weer van 1 Oktober toegelaat.

Suid-Afrika se grense was sedert einde Maart gesluit, behalwe vir ’n handvol repatriasievlugte wat die land binnegekom en verlaat het.

Internasionale vlugte word vir eers net by drie lughawens hervat: King Shaka in Durban, O.R. Tambo in Kempton Park, en Kaapstad Internasionaal.

Emirates hervat vlugte na al drie dié lughawens vanaf Oktober.

Internasionale reisigers sal dan van Dubai se lughawe na meer as 90 ander bestemmings in die Amerikas, Europa, die Verre Ooste en Suid-Asië kan reis.

Emirates het nog nie gesê hoeveel daaglikse of weeklikse vlugte daar tussen Dubai en sy Suid-Afrikaanse bestemmings gaan wees nie.

Die lugdiens hervat ook gereelde vlugte na en van Harare in Zimbabwe van 1 Oktober.

Daar sal twee vlugte per week wees wat Harare met die Zambiese hoofstad, Lusaka, en uiteindelik met Dubai verbind.

Weeklikse vlugte na en van Mauritius word ook van 3 Oktober hervat.

Wat jy moet weet voor jy vlieg

  • Almal wat na Dubai vlieg, moet minder as 96 uur voor die vlug vertrek, vir die koronavirus getoets word.
  • ’n Negatiewe Covid-19-toets word benodig voordat jy aan boord sal mag gaan.
  • Kinders jonger as 12 jaar oud, hoef nie getoets te word nie.
  • Alle passasiers moet ook eers ’n verklaring onderteken oor hul gesondheid. Passasiers wat na Dubai reis as finale bestemming, moet ook verklaar hulle is bereid om dadelik in kwarantyn geplaas te word.
  • Maskers is verpligtend tydens die hele vlug, terwyl jy die vliegtuig verlaat, en terwyl jy in Dubai se lughawe rondbeweeg. Net kinders jonger as ses hoef nie ’n masker te dra nie.
  • Sekere passasiers wat ly aan toestande soos Parkinson se siekte, Alzheimer se siekte, demensie en downsindroom hoef ook nie ’n masker te dra nie. Ook nie passasiers wat reeds suurstofmaskers moet dra nie.
  • Kaartjies wat tussen nou en 30 September bespreek word vir vlugte voor of op 31 Maart 2021, kan teen geen bykomende koste herskeduleer word vir enige tyd binne die volgende twee jaar.
  • Emirates bied ook gratis mediese dekking aan enige passasier wat positief toets vir Covid-19 terwyl hulle in die buiteland reis. Die dekking is geldig vir 31 dae vanaf die passasier se aanvanklike vlug uit sy of haar tuisland. Die lugdiens sal ook die koste dra sou passasiers in kwarantyn moet gaan in ’n ander land weens ’n positiewe toets.
Meer oor:  Emirates  |  Covid-19  |  Reis  |  Lugdienste  |  Internasionale Vlugte
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.