Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Emirates werk met Airlink om meer plaaslik te vlieg
Emirates gaan nou met Airlink saamwerk om na meer bestemmings in die land en na Suider-Afrika te vlieg. Foto: Emirates

Emirates gaan met die hulp van Airlink sy vlerke wyer in Suid-Afrika sowel as Suider-Afrika sprei.

Die lugdiens, wat in Dubai in die Arabiese Emirate gesetel is, het Dinsdag aangekondig dat hy ’n vennootskap met Airlink aangegaan het.

Dit sal passasiers toelaat om via Emirates-vlugte na kleiner bestemmings in Suid- en Suider-Afrika te vlieg.

Passasiers sal eers na Johannesburg of Kaapstad vlieg, waarna hulle ’n keuse het om na 25 bestemmings in Suid-Afrika en 20 in Suider-Afrika te vlieg.

Tim Clark, voorsitter van Emirates, sê die lugdiens is toegewyd tot Suid-Afrika en dat die ooreenkoms met Airlink hom gaan help om ’n beter diens aan passasiers te lewer.

Van die bestemmings waarna daar gevlieg sal kan word, sluit Bloemfontein, Upington, Nelspruit, Hoedspruit en Port Elizabeth in, asook Gaborone in Botswana, Windhoek in Namibië, Harare in Zimbabwe en Lusaka in Zambië.

Emirates vlieg ook na Durban.

Die lugdiens was onlangs in die nuus toe hy geweier het om na Suid-Afrika te vlieg oor vereistes wat sy bemanning betref. Die Suid-Afrikaanse regering het vereis dat sy bemanning aan dieselfde regulasies moet voldoen as wat van passasiers vereis word. Dit sluit in dat die bemanning elk ’n negatiewe antigeen (PCR)-uitslag vir die koronavirus moet hê.

Die geskil is sedertdien opgelos. Die bemanning hoef nie elke keer wat hulle na die land vlieg só ’n toetsuitslag te lewer nie, maar moet dan in “bioborrels” bly totdat hulle weer die land verlaat.

Meer oor:  Airlink  |  Emirates  |  Lugdienste  |  Maatskappye
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.