Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Enigste Albany-fabriek in VS skep bak-bak werk

Die heropening van die Albany-bakkery in Virginia word as ’n groot ekonomiese inspuiting vir dié Goudveldse dorp beskou.

Die opknappingswerk van R70 miljoen is in Mei 2017 begin en die eerste brood is op 6 Augustus 2017 gebak.

By die amptelike heropening van die Albany-bakkery in Virginia is van links Matshela Seshibe, besturende direkteur van Albany, Clarke O’Donnovan, die bestuurder van die bakkery, en Willie Marais, lid van die bestuurspan.Foto: Molly Green

Albany is ’n filiaal van Tiger Brands en die projekspan van Tiger Brands het die opknappingswerk gedoen.

Altesame 80 van die “broodfabriek” se werknemers wat sowat vyf jaar gelede afgelê is, is weer in diens geneem. Die fabriek het nou sowat 150 werkers.

Dié Albany-aanleg is die enigste een in die Vrystaat en bak daagliks 100 000 brode wat in die Vrystaat, Noord-Kaap en selfs Johannesburg afgelewer word.

Die werkers werk tans in twee skofte, maar Albany beplan om binnekort drie skofte in te stel.

Indien drie skofte daagliks gewerk word, sal nog 100 werkers in diens geneem kan word.

Die fabriek is grotendeels gemeganiseer en die werkers is spesialiste op hul gebied, terwyl opleiding en higiëne ook ’n belangrike rol speel.

“Ons is opgewonde oor die fabriek se herlewing, wat werkgeleenthede skep, die gemeenskap ophef en dryfkrag vir nuwe sakegeleenthede skep,” sê Matshela Seshibe, Albany se besturende direkteur.

Hy sê die maatskappy het ’n spesiale verbintenis met die provinsie waarin soveel van die land se koring geproduseer word en die belegging deur Albany help om dié potensiaal te ontsluit.

Albany is ook by gemeenskapsdiens betrokke en lewer daagliks brood aan onder meer verskeie kinderhuise en Shoprite se sopkombuis in Virginia.

Die meel kom van Tiger Brands se meule in Hennenman. Dit was voorheen Bremer-meulens.

Albany het sy deure in 1970 opgemaak.

Dié maatskappy het al die Kasi Star-eerbewys in 2016-’17 gewen, in 2017-’18 die Icon Brand Awards en die Sunday Times se Top Brand Award.

Meer oor:  Tiger Brands  |  Albany  |  Virginia  |  Vrystaat  |  Goudveld  |  Kosvervaardigers  |  Kos  |  Brood
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.